'n Enkelvoudige sin is 'n sin wat uit 'n hoofsin, sonder bysinne bestaan. So 'n sin kan in drie dele opgedeel word, naamlik die onderwerp (wie?), gesegde (doen?) en voorwerp (wat?). 'n Enkelvoudige sin het nooit meer as een gesegde nie en is die teenoorgestelde van 'n saamgestelde sin.Platinum Afrikaans Huistaal Graad 4
Beskou die volgende sin as voorbeeld: Ek sien 'n insek. Hierdie sin bestaan uit: Onderwerp/wie?: EK Gesegde/doen?: SIEN Voorwerp/wat?: 'N INSEK.
Verwysings
Kategorie:Grammatika