Klaas Steytler (*20 April 1922, Ladybrand – † 27 Augustus 1998) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, wat veral misdaad- en speurverhale geskryf het. Hy debuteer onder die naam N.G. Steytler, maar verskeie van sy werke verskyn onder die skuilnaam Jan Harmse. Steytler was getroud met die bekende skryfster Elsa Joubert.

Lewe en werk Nicolaas Georg (Klaas) Steytler is op 20 April 1922 in Ladybrand in die Oos-Vrystaat gebore as die seun van 'n skoolinspekteur, Frederick Albert Steytler. Sy ma is Henriette Sanders en hy word vernoem na sy oom, die bekende politikus Klasie Havenga, minister van finansies in die Hertzog-kabinet. Hy word groot en gaan skool op Harrismith, waar hy in 1939 aan die Hoërskool Harrismith matrikuleer. Dan studeer hy aan die Universiteit van die Witwatersrand waar hy 'n  B.Com.-graad in die regte verwerf, maar daarna besluit om nie aan te gaan met sy LL.B.-graad nie. Vir twee jaar werk hy dan in Johannesburg om geld te spaar om terug te gaan universiteit toe. Hy gaan dan na die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1945 'n  B.A.-graad verwerf. Hier ontmoet hy die bekende skryfster Elsa Joubert, met wie hy later trou. In 1946 word hy joernalis in Johannesburg by Die Vaderland en werk dan vanaf 1947 twee jaar lank in Montreal in Kanada in die personeel van die Internasionale Lugvervoergenootskap.Grütter, Wilhelm Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1992/09/24/4/2.html In 1949 sluit hy by Elsa Joubert in Europa aan en reis vir etlike maande saam met haar met rugsakke deur Europa. Hy is in 1950 met Elsa getroud en hulle het twee dogters, Elsabé en Henriette, en 'n seun, Nico. By sy terugkeer na Suid-Afrika vestig hy hom weer in Johannesburg as joernalis tot 1956 by Die Vaderland en daarna by Die Transvaler. Vir hierdie koerant skryf hy die daaglikse rubriek Panorama, wat gewild word onder die lesers. In 1963 word hy aangestel as Transvaalse redakteur van Die Huisgenoot en in 1965 word hy aangestel as die hoofredakteur van hierdie tydskrif in Kaapstad.Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1998/09/1/4/4.html Hier vestig die gesin hulle in Oranjezicht. Hierna neem hy in 1971 'n  betrekking aan as uitgewer en redakteur van nie-fiksie by Tafelberg-Uitgewers en hy word dan in 1973 vryskut. Sy belangstellings is letterkunde, die teater, musiek en mitologie.Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980

In die vyftigerjare bestudeer hy al die prosedures van telepatie en gedagte-projeksie en kwalifiseer as hipnotiseur. In 1967 word hy en Elsa uitgenooi na Duitsland en bly in Berlyn vanwaar hulle van plan was om Oos-Europa te besoek, maar 'n dringende telegram van Suid-Afrika waarsku hulle daarteen. Die Russiese spioen Juri Loginof is pas in Suid-Afrika gearresteer en enige verhandelbare Suid-Afrikaners agter die Ystergordyn kon gevange geneem word met die oog op 'n ruilooreenkoms. In Johannesburg begin hy en Elsa saam met Jan Rabie, Abraham de Vries en Rita Elferink die Excelsior Groep, waarmee hulle oor die rassegrense heen kultuuraande hou. Vir 'n  rukkie in die sewentigerjare is hy lid van die Sensuurraad onder Jannie Kruger, maar bedank dan. Vanaf die stigting van die Afrikaanse Skrywersgilde in 1975 is hy en sy vrou lede daarvan.

Wanneer dit in die vroeë tagtigerjare bekend word dat die Kaaplandse Biblioteekdiens gereeld groot getalle boeke laat verpulp, reël hy saam met Jan Rabie dat hierdie boeke eerder aan bruin en swart skole geskenk word, tesame met onverkoopte ou tydskrifte, waardeur Afrikaans op hierdie wyse bevorder kon word.Beukes, W.D. (red.) “Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990” Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 Nadat hy vryskut word, vergesel hy somtyds vir Elsa op haar vele reise, onder andere na Mosambiek (weergegee in haar reisboek “Die staf van Monomotapa”) en Indonesië op die voetspore van Leipoldt, wat sy in “Gordel van smarag” beskryf. Benewens die huis in Oranjezicht het hulle ook 'n vakansiehuis in Onrus, waar onder andere Uys Krige en Jan Rabie woon en vele ander skrywers strandhuise besit. Hy is op 27 Augustus 1998De Vries, Willem Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Vermaak/Klaas-Steytler-se-laaste-roman-terug-op-rakke-20140606 in sy huis in Oranjezicht aan kanker oorlede.De Jager, Frederik “Vaar sag, vaar wel, wyse man Klaas” “Rapport” 30 Augustus 1998

Skryfwerk In sy tyd by Die Vaderland skryf Klaas 'n vervolgverhaalVan Biljon, Madeleine “Geliefde leesgoed” Quellerie-Uitgewers Edms. Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe 1996 wat daagliks in hierdie koerant verskyn.

Sy eerste boek is die speurverhaal Man in die spieël (onder die naam N.G. Steytler). Die verhaal speel af in 'n klein Karoodorpie in die winter. Daar is verskillende soorte mense in die hotel tuis, met almal van hulle wat onder verdenking kom wanneer daar 'n moord plaasvind. Speurder Grové probeer om deur al die botsende leidrade te sif om die moordenaar vas te trek. Na publikasie van hierdie speurverhaal skryf hy vir 'n lang ruk nie ernstig nie.Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Later begin hy meer ernstig skryf onder die skrywersnaam Jan Harmse en lewer die misdaad komedie Zap zap – in Seepunt gaan dit pienk en plesierig Brink, André P. “Rapport” 25 April 1976Eksteen, Louis “Standpunte” Nuwe reeks 126, Desember 1976Louw, Anna M. “Beeld” 15 Desember 1975 wat satiries kyk na Suid-Afrikaners se leefwyse en gewoontes. Die oujongnooi skryfster Miss Breggie Venter en die uitgewersklerk Zoutendorst raak betrokke by 'n bende rowers wanneer haar kardoes geld vir die uitgee van haar boek deurmekaar raak met die buit van die rowers. Hulle word gevang en aangehou, maar ontsnap en probeer die geld terugkry. Hiervandaan word die leser op dolle vaart deur verskeie hoofsaaklik onwaarskynlike gebeure geneem, waardeur met allerhande tipes Afrikaners die gek geskeer en geen heilige koei onaangeraak gelaat word nie.

Die wonderwerke van Judas IskariotHeese, Marie “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 2, Mei 1979Louw, Anna M. “Rapport” 3 September 1978 (ook onder die skuilnaam Jan Harmse) wend Bybelse materiaal allegories aan. Die boek bevat drie kort novelles gebaseer op Christus se wondergenesings, waardeur menslike swakhede in die algemeen ontbloot word en veral die mens se onvermoë om God te dien en op die regte manier te reageer na 'n Goddelike ingryping. Die eerste verhaal gaan oor die uitdrywing van bose geeste uit 'n  waansinnige man en die invaar van hierdie geeste in 'n trop varke wat daarna verdrink, waar die verteller Zerwan, 'n priester van Mithras, hierdie gebeurtenis betreur weens die verlies wat die varkboere gely het. Die tweede verhaal behandel die genesing van die verlamde man wat deur die dak neergelaat is sodat Jesus hom kan genees. Die geneesde, Oom Jakob, verkry hiermee genesing vir sy liggaam maar verloor sy siel. Die derde verhaal is gebaseer op 'n brief wat Judas Iskariot voor sy verraad aan Thomas skryf. Hierin vertel hy van Jesus se genesing van 'n seun wat deur 'n bose gees besete was, nadat Judas self geen sukses kon behaal nie.Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983

Die eerste roman onder sy eie naam, Die Leeukuil,Brink, André P. “Rapport” 19 September 1982 vertel die verhaal van 'n pa (Sakkie Morgan) wat pas na ses jaar uit die tronk vrygelaat is.Muller, Martie “’Die leeukuil’: 'n ironiese, utopiese roman” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 31 no. 1, Hy neem sonder sy gewese vrou se medewete sy dertienjarige diabetiese seun Daniël op dié se verjaarsdag op 'n nagtelike uitstappie na Hillbrow, onbewus van Daniël se siektetoestand en die noodsaaklikheid van medisyne. In hul gesprekke met mekaar vorder vader en seun van gemeenplase tot selfopenbaring en word dit 'n nag van verantwoording, selfondersoek en insig. Die noodlot en die gevolge van dade kan egter nie ontduik word nie.Coetser, Attie “’Die leeukuil’ (Klaas Steytler)” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 32 no. 3, Augustus 1994 Die seun sterf, die hof verwerp Sakkie se weergawe van gebeure en hy word opnuut gevonnis, hierdie keer vir drie jaar. In die slothoofstuk ontmoet vader en moeder 'n paar jare later by die kind se graf, steeds wêrelde van mekaar verwyder. Die titel van die boek is simbolies van die hellevaart wat vader en seun saam onderneem en die eensaamheid en onbegrip wat die mens in sy verhoudings met ander kenmerk. Hierdie boek word ook aan skole voorgeskryf.Du Toit, P.A. “Vertelhouding in ‘Die leeukuil’ van Klaas Steytler” “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 31 no. 4, November 1993

Die walvismanDu Plessis, Phil “Die Burger” 18 Desember 1986Van Zyl, Ia “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 25 no. 4, November 1987 is 'n moderne aanpassing van die Jona-verhaal in die Bybel, waar die profeet Jona ben-Amittai (wat beteken “waarheidliewende duif”) in die hawe van die hedendaagse Tel-Aviv aan boord 'n Cipriotiese skip gaan op reis na Spanje. Hy word in 'n storm oorboord gegooi, kom deur sy hellevaart tot selfkennis en spoel op 'n strand uit. Hiervandaan gaan hy na die moderne groot stad Ninevé en sy waarskuwings noop die koning-president om 'n noodtoestand uit te roep. Terselfdertyd speel die onbekende outeur van die Bybelverhaal in Babilonië 'n belangrike rol deur sy ervaring van 'n God wat genade ook aan die vyand wil bewys. Steytler maak veral vernuftige gebruik van die Jungiaanse sielkunde met die individuasie proses van Jona en die uitpluis van bonatuurlike gegewens. In die proses word Ninevé 'n simbool van eietydse Suid-Afrika. Hierdie boek word in 1991 benoem vir die Ou Mutual-prys en is ook op die kortlys vir die Rapport-prys.Joubert, Elsa “'n  Wonderlike geweld” “Tafelberg-Uitgewers Kaapstad Eerste uitgawe 2005Joubert, Elsa “Reisiger” Tafelberg Kaapstad Eerste uitgawe 2009

In die somer van '36Botha, Johann “Die Burger” 27 Augustus 1991Du Plessis, Hans “Rapport” 24 November 1991 vertel van die wedervaringe van die nuweling Dewwie Dykstra op die Vrystaatse dorp K, waar die totale dorp se leefwyse en gewoontes omgekeer word deur haar teenwoordigheid. Die dryfvere van die dorp en sy mense, naamlik geld, status, sosiale norme en altyd teenwoordige maar bedekte seksualiteit word op satiriese wyse geskets teen die politieke en maatskaplike toestande van die dertigerjare. Dewwie Dykstra word as assistent in die apteker Sinclair se apteek aangestel. Sinclair is 'n verlangse aangetroude familielid van haar. Die mans op die dorp voel erg aangetrokke tot haar en sy is nie heeltemal onwillig om haar die aandag te laat welgeval nie. Sy raak betrokke by verskeie mans, waaronder Sinclair self, die plaaslike dokter Jannie Brand, die nutswerker Adderjaan Kruger, advokaat S.P. Crous van Bloemfontein en die ouderling Thys Dippenaar. So lei die een ding tot die ander en daar is 'n  paar klappe, vloeke en vuishoue, 'n geskinder en sensuur, egskeiding en die dood wat die dorpie skud. Eers nadat sy vertrek kan die dorp weer tot rus kom. Veral goed gedoen is die uitbeelding van die dorp en sy mense as 'n stereotipiese Afrikaner gemeenskap van sy tyd, wat die armoede en agterlikheid van baie Boeremense, die status bewustheid van die hooggeplaastes en die mitologisering van die Swart Gevaar insluit. Hierdie roman is aanvanklik ingeskryf vir die Tafelberg-Sanlam Groot Romanwedstryd, waar dit die kortlys gehaal het. In 1992 is die boek 'n  finalis vir beide die M-Net-prys en die C.N.A.-prys en dit word ook eervol vermeld tydens die toekenning van die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa, nadat dit in 1991 genomineer is vir die Rapportprys.Botha, Johann Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1991/10/3/9/8.html