Henri van Luxemburg of amptelik Henri Albert Gabriel Félix Guillaume vu Lëtzebuerg (gebore op 16 April 1955 in die kasteel van Betzder) was van 2000 tot 2025 die groothertog van Luxemburg en die sesde Luxemburgse staatshoof uit die dinastie van Nassau-Weilburg. Prins Henri word as die eerste seun van die destydse erfgroothertoglike paar Jean van Luxemburg en Joséphine-Charlotte van België gebore en gaan skool in Luxemburg en Frankryk.

duimnael|links|upright|Henri se monogram as Groothertog van Luxemburg duimnael|links|upright|Henri van Luxemburg se handtekening Met sy meerderjarigheid in 1973 word aan hom die titel erfgroothertog toegeken. In 1974 kry hy 'n opleiding in die militêre akademie van Sandhurst en word in 1975 offisier. In die Luxemburgse weermag dra hy die titel colonel (kolonel). Daarna studeer hy politieke wetenskappe aan die Universiteit van Genève en verwerf in 1980 sy Licence.

Op 14 Februarie 1981 trou hy met María Teresa Mestre. Die egpaar het vyf kinders.

Henri van Luxemburg ontvang die eredoktersgraad van die Sacred Heart University in Fairfield, Connecticut (Verenigde State), die Miami University in Oxford, Ohio (VSA), die Universiteit van Khon Kaen (Thailand) en die Universiteit van Trier (Duitsland).

Van 1980 tot 1998 is hy 'n lid van die Luxemburgse Staatsraad. Op 4 Maart 1998 word hy volgens artikel 43 van die Luxemburgse Grondwet deur sy vader as Lieutenant-Representant benoem.

Op 7 Oktober 2000 doen sy vader Jean vrywillig afstand van die troon en Henri lê die eed as Groothertog van Luxemburg af. Op 3 Oktober 2025 abdikeer Henri vrywillig en hy word opgevolg deur sy oudste seun Guillaume V.

Kinders Guillaume V (* 11 November 1981) Félix (* 3 Junie 1984) Louis (* 3 Augustus 1986) Alexandra (* 16 Februarie 1991) Sébastien (* 16 April 1992)

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf by die Regering van Luxemburg

Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Luxemburgse groothertoë Kategorie:Lewende mense