Kenia (Engels en Swahili: Kenya, [ˈkɛɲa], ), amptelik die Republiek Kenia (Engels: Republic of Kenya, Swahili: Jamhuri ya Kenya), is 'n land in Afrika en 'n stigterslid van die Oos-Afrikaanse Gemeenskap (OAG). Die hoofstad en grootste stad is Nairobi. Kenia se gebied lê aan die ewenaar en strek oor die Oos-Afrikarif wat 'n diverse en uitgebreide terrein dek, wat rofweg vanaf die Victoriameer tot by die Turkanameer is en verder tot by die Indiese Oseaan. Dit grens aan Tanzanië in die suide, Uganda in die weste, Suid-Soedan in die noordweste, Ethiopië in die noorde en Somalië in die noordooste. Kenia se grondgebied beslaan 580 367 vierkante kilometer en het in 2024 'n bevolking van sowat 58 miljoen mense gehad.

duimnael|links|Nasa-satellietbeeld van Kenia duimnael|links|Kaart van Kenia Die Groot Mere van Afrika-streek, waarvan Kenia 'n deel is, is reeds sedert die Laer Paleolitiese-periode deur mense bewoon. Teen die eerste millennium n.C. het die Bantoe-uitbreiding die gebied van Sentraal-Wes-Afrika bereik. Die grense van die moderne land het bestaan uit die kruispaaie van die Niger-Kongo, Nilo-Sahara en die Afro-Asiatiese gebiede van die vasteland, wat meeste van die etnies-talige groepe in Afrika verteenwoordig het. Die Bantoevolke en Nilotiese volke het saam sowat 97% van die gebied se bevolking verteenwoordig.  Die Europese en Arabiese teenwoordigheid in die kusgebied van Mombasa dateer terug na die Vroeë Moderne-periode. Die Europese verkenning van die binneland het in die 19de eeu begin. Die Britse Ryk het die Oos-Afrika-Protektoraat in 1895 gestig, wat in 1920 die begin was van die Kolonie Kenia. Kenia het in Desember 1963 sy onafhanklikheid verkry. Ná 'n referendum in Augustus 2010 aanvaar die land sy nuwe grondwet. Kenia is deesdae verdeel in 47 semi-selfregerende gebiede wat deur verkose goewerneurs bestuur word.

Die hoofstad Nairobi is 'n streeks-kommersiële spilpunt. Ethiopia GDP purchasing power 2010: 86 billion. Kenya GDP purchasing power 2010: 66 Billion. Landbou is 'n belangrike werkskepper. Die land se belangrikste, tradisionele uitvoerprodukte is tee en koffie, maar het onlangs begin om vars blomme na Europa uit te voer.

Etimologie Die Republiek Kenia is genoem na berg Kenia. Die vroegste bekende gebruik van die moderne naam was in die 19de eeu deur die Duitse ontdekkingsreisiger Johann Ludwig Krapf. Tydens sy reis met 'n Kamba-karavaan, aangevoer deur die langafstandhandelaar kaptein Kivoi Mwendwa, het Krapf die bergspits gewaar en na sy naam gevra. Kivoi het geantwoord met "Kĩ-Nyaa" of "Kĩlĩma- Kĩinyaa", moontlik omdat die patroon met swart rots en wit sneeu op sy spits hom aan die vere van 'n manlike volstruis herinner het. In argaïese Kikuyu verwys die woord nyaga of meer algemeen manyaganyaga na 'n buitengewoon helder voorwerp. Die Kikuyu, wat aan die hange van berg Kenia woon, noem dit Kĩrĩma Kĩrĩnyaga (letterlik "die berg met glans") in Kikuyu, terwyl die Embu dit Kirinyaa noem. Al drie die name het dieselfde betekenis.

Ludwig Krapf het die naam as beide Kenia en Kegnia opgeteken. Sommiges meen dat dit 'n presiese optekening is van die Afrika-uitspraak [ˈkɛnjə]. Op 'n 1882-kaart deur Joseph Thompsons, 'n Skotse geoloog en natuurkundige, word dit aangedui as berg Kenia. Die berg se naam is pars pro toto oorgeneem as die land se naam. Gedurende die vroeë koloniale tydperk is dit nie algemeen gebruik nie, toe na die land as die Oos-Afrikaanse Protektoraat verwys is. In 1920 is die landsnaam amptelik verander in Kolonie Kenia.

Geskiedenis Pre-histories duimnael|links|upright|Die Turkana-seun, 'n 1,6 miljoen jaaroue hominidae-fossiel van 'n Homo erectus Fossiele wat in Kenia ontdek is dui aan dat primate meer as 20 miljoen jaar gelede in die gebied geleef het. Onlangse uitgrawings naby die Turkanameer bewys dat hominidae soos Homo habilis (1,8 miljoen tot 2,5 miljoen jaar gelede) en Homo erectus (1,8 miljoen tot 350 000 jaar gelede) dalk regstreekse voorouers van die moderne Mens is en in Kenia tydens die Pleistoseen-epog bestaan het.

Gedurende uitgrawings by die Turkanameer in 1948 het die paleoantropoloog Richard Leakey en sy assistent Kamoya Kimeu die Turkana-seun ontdek, 'n 1,6 miljoen jaar-oue fossiel wat aan die Homo erectus behoort.

Swahili-kultuur en handel vanaf die eerste eeu tot die 19de eeu duimnael|upright|'n Tradisionele handgekerfde Swahili-houtdeur in Lamu Teen die eerste eeu het baie van stadstate soos Mombasa, Malindi en Zanzibar reeds begin om handelsbetrekkinge met die Arabiere te vestig. Dit het gelei tot ekonomiese groei van die Swahili-state, die instelling van Islam, Arabiese invloed op die Swahili se Bantoetale, kulturele diffusie, asook dat die Swahili-stadstate deel kon word van 'n groter handelsnetwerk. Don Nanjira, Daniel (2010) African Foreign Policy and Diplomacy: From Antiquity to the 21st century, ABC-CLIO, bl. 114 . Baie historici was oortuig daarvan dat die stadstate deur Arabiese of Persiese handelaars gevestig is, maar navorsers glo deesdae dat die stadstate 'n inheemse ontwikkeling was waar die toppunt van hul ontwikkeling omstreeks in die 8ste eeu bereik was.

Swahili, 'n Bantoetaal met Arabies, Persies en ander Midde-Oosterse leenwoorde het later ontwikkel as 'n lingua franca vir handel tussen die verskillende mense. Swahili het nou ook leenwoorde uit Engels.

Gedurende die vroeë 20ste eeu het Britse en ander Europese boere hul in die sentrale hooglande begin vestig en ryk koffie en tee-boere geword. "We Want Our Country" . Die memoires van die Deense skrywer Barones Karen von Blixen-Finecke Out of Africa wat in 1937 gepubliseer is, is 'n uitstekende uitbeelding van die leefwyse van die setlaars in die 1930's. Sowat 30 000 van die wit setlaars, wat in die gebied gebly het, het 'n politieke stem in die land verwerf vanweë hul bydrae tot die mark-ekonomie. R. Mugo Gatheru (2005) Kenya: From Colonization to Independence, 1888–1970, McFarland,

Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk was in 1952 saam met haar man, Prins Philip in Kenia op vakansie toe hulle hoor dat haar pa, George VI van die Verenigde Koninkryk in sy slaap dood is. Die jong prinses het haar besoek net daar kortgeknip en huistoe gehaas waar sy toe as koningin gekroon is.

'n Onafhanklike Kenia (1963) duimnael|upright|Die eerste president en grondlegger van Kenia, Jomo Kenyatta Die eerste regstreekse verkiesings vir gebore Keniane, om tot die wetgewende raad verkies te kon word, was in 1957. Die kolonie Kenia en die protektoraat Kenia het albei op 12 Desember 1963 tot 'n einde gekom. Die Verenigde Koninkryk het die mag oorgedra en terselfdertyd het die Sultan van Zanzibar ingestem om ook sy beheer oor te gee sodat die hele Kenia een soewereine, onafhanklike staat kon word. "Commonwealth and Colonial Law" by Kenneth Roberts-Wray, London, Stevens, 1966. HC Deb 22 November 1963 vol 684 cc1329-400 wherein the UK Under-Secretary of State for Commonwealth Relations and for the Colonies stated" "An agreement was then signed on the 8th October, 1963, providing that on the date when Kenya became independent the territories comprising the Kenya Coastal Strip would become part of Kenya proper."

Die Moi-era (1978–2002) duimnael|links|Die Britse minister van buitelandse sake, Henry Bellingham, saam met Mwai Kibaki, president van Kenia in Londen op 31 Julie 2012 Met Kenyatta se dood in 1978 het Daniel arap Moi president geword. Hy het die presidentskap hierna onbestrede in 1979, 1983 ('n blitsverkiesing) en in 1983 behou. Dit was almal onder 'n enkelparty-grondwet gewen. Die 1983-verkiesings, wat 'n jaar te vroeg gehou was, het uitgeloop op 'n mislukte staatsgreep op 2 Augustus 1982.

Die mislukte staatsgreep was deur 'n lae-rang lid van die lugmag, Hezekiah Ochuka, uitgevoer en deur 'n groep dienspligtiges ondersteun. Dit was baie vinnig onderdruk.

Die 1988-verkiesings was gekenmerk deur die mlolongo (toustaan) stelsel waar die kiesers in 'n ry moes staan agter die kandidaat vir wie hulle wou stem. Daar was geen geheime stemming nie. Harden, Blaine (25 Februarie 1988) Many Voters Stay Home as Kenya Drops Secret Ballot in Parliamentary Election , The 'Washington Post. Dit het tot groot onmin gelei. Hierna is verskeie omstrede bepalings van die kieswet- insluitende die enkel politieke partystelsel gewysig.  Met die demokratiese veelparty-verkiesings in 1992 en 1997 is Daniel arap Moi herverkies.

Die 2000's Moi is in 2002 grondwetlik verbied om in die verkiesing te staan en Mwai Kibaki van die opposisie is tot president verkies. Dit word as 'n keerpunt in Kenia se demokratiese ewolusie beskou.

Geografie Met 'n oppervlakte van 581 309 km² is Kenia die wêreld se 48ste grootste land (naas Botswana). Vanaf die kus aan die Indiese Oseaan styg die laeveld tot die sentrale hoogland. Die Hoogland word gehalveer deur die Groot Skeurvallei, met 'n vrugbare plato in die ooste.

Die Keniaanse Hoogland bevat een van die mees suksesvolle landbouproduksie-streke in Afrika. Die Hoogland is die tuiste van die hoogste punt in Kenia en die tweede hoogste piek op die vasteland van Afrika: Berg Kenia, wat 5 199 m bereik en gletsers beheer. Kilimandjaro (5 895 m) kan gesien word uit Kenia se suide aan die Tanzaniese grens.

Wildlewe duimnael|links|Olifante in die Amboseli Nasionale Park met Kilimandjaro op die agtergrond duimnael|'n Kameelperd in die Nairobi Nasionale Park, met Nairobi se hoë geboue op die agtergrond Kenia het uitgebreide landelike gebiede wat uitsluitlik vir die wildlewe-habitat uitgesonder is. Dit sluit in die Masai-Mara met sy blouwildebees en ander horingdraers, wat jaarliks aan die grootskaalse migrasie deelneem. Meer as een miljoen wildebeeste en 200 000 kwaggas is jaarliks deel van hierdie migrasie oor die Mararivier.

Die Groot vyf van Afrika, die leeu, luiperd, buffel, renoster en die Afrika-olifant is in Kenia, en veral in die Masai-Mara te siene. 'n Aansienlike bevolking van ander wilde diere soos reptiele en voëls kom ook in die nasionale parke en wildreservate van die land voor. Die jaarlikse diere-migrasie is tussen Junie en September wanneer miljoene wild trek. Dit is 'n gewilde toeriste-aantrekkingskrag. Twee miljoen wildbeeste migreer vir 'n afstand van 2 900 kilometers vanaf die Serengeti in die naburige Tanzanië na die Masai-Mara in Kenia  in 'n voortdurende klokwyse- patroon op soek na kos en water. Die Serengeti-migrasie is 'n aanskoulike gebeurtenis wat as een van die Sewe Wonders van Afrika gelys is.

Regering en politiek duimnael|links|upright|Die gewese president Mwai Kibaki duimnael|Die hooggeregshof van Kenia duimnael|'n Marksaal in Mombasa Kenia is 'n presidensiële verteenwoordigende demokratiese republiek. Die president is beide die staatshoof en hoof van die regering in 'n veelpartystaat. Die uitvoerende magte is by die regering. Die wetgewende magte is in beide die regering en die nasionale vergadering en die senaat gevestig. Die regbank is onafhanklik van die die uitvoerende mag en die wetgewer.

Verkiesings van 2013 en nuwe regering Met 'n nuwe grondwet, wat in die land aanvaar is, is president Kibaki verhoed om vir 'n derde termyn beskikbaar te wees. Sy adjunk eerste minister, Uhuru Kenyatta wen toe die verkiesing met 50,51% stemme in Maart 2013.

Buitelandse betrekkinge Kenia het noue bande met sy mede-Swahilisprekendes in die buurlande van die Groot Mere van Afrika. Die bande met Uganda en Tanzanië is oor die algemeen baie sterk aangesien die drie nasies streef na ekonomiese en sosiale integrasie deur gemeenskaplike lidmaatskap van die Oos-Afrika Gemeenskap.

Landbou duimnael|links|'n Teeplaas naby Kericho, in die Kericho-provinsie duimnael|Die Maasai-mense. Hulle woon in beide Kenia en Tanzanië Landbou is die tweede grootste bron van Kenia se bruto binnelandse produkte, naas die diens-sektor. Die vernaamste kontantgewas is tee, tuinbouprodukte en koffie. Die tuinbouprodukte en tee is die grootste uitvoerprodukte van Kenia.

Olie-ontginning