Rowan Atkinson (gebore 6 Januarie 1955) is 'n Britse akteur, skrywer en komediant wat in talle TV-programme en rolprente verskyn. Hy is veral bekend as die hoofkarakter in die TV-program Blackadder en vir sy vertolking van die karakter Mr Bean.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die koerant The Guardian het hom as een van die 50 snaaksste akteurs in Britse komedie gelys,"The A-Z of laughter (part one)", The Observer, 7 Desember 2003. Besoek op 7 Januarie 2007. en in 2005 haal hy die lys van grootste 50 komediante ooit in 'n meningspeiling deur mede-komediante.
Lewensloop Rowan Sebastian Atkinson is op 6 Januarie 1955 in Consett in Durham in die Verenigde Koninkryk gebore. Hy is die jongste van die vier kinders van Eric Atkinson ('n boer) en Ella May, en is tuis onderrig. Atkinson studeer elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Newcastle en behaal daarna 'n meestersgraad aan die Queen's College van die Universiteit van Oxford.University of Oxford, Queen's College – Honorary Fellows
Atkinson begin sy loopbaan as komediant tydens die Edinburgh Festival. Daarna toer hy met sy eenmanvertoning deur die land. Hierdie vertoning is vir televisie verfilm en is steeds gewild op DVD.
Sy eerste TV-reeks was Not the Nine O'Clock News. Die sukses van hierdie reeks verskaf aan hom die hoofrol in die Blackadder-reeks. Hierdie reeks was uiters gewild en drie opvolgreekse asook enkele afgeleide werke is gebeeldsend. Ná Blackadder kom Atkinson met sy bekendste skepping, Mr. Bean, vorendag.
duimnael|links|Rowan Atkinson as Mr. Bean by die Manneken Pis in Brussel (2007).
Atkinson het in 2012 tydens 'n onderhoud gesê dat hy moeg is vir Mr. Bean. Hy is te oud om sulke kinderagtige dinge te doen en sal nie vinnig (of selfs nooit) weer die rol vertolk nie. Sy laaste optrede as Mr. Bean was tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen.Rowan Atkinson is Mr. Bean beu, besoek op 27 April 2016
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu