Reinet Crouse (27 Mei 1956 - 15 Desember 2014) was ’n Suid-Afrikaanse skrywerWorldcat: http://www.worldcat.org/identities/lccn-no2003089822/ en in Port Elizabeth gebore as een van vier kinders.
Lewe en werk Sy het 'n ouer suster, Elna, en 'n jonger broer, Henk, wat albei ook skrywers is. Haar oudste suster is Marianne. Sy word groot op Vryburg in die Kalahari in die Noord-Kaap, waar sy aan die Hoërskool Vryburg matrikuleer. Op skool hou sy saam met haar broer Henk garagekonserte waarna die bure se kinders en hul ouers genooi is.LitNet ATKV-Skrywersalbum 17 Desember 2014: http://www.litnet.co.za/reinet-nagtegaal-1956/ Na skool studeer sy verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy drama studeer en 'n B.A.-graad en 'n Hoër Onderwysdiploma behaal. Sy gee 'n paar jaar onderwys in Engels, Duits en Afrikaans op Calitzdorp, waarna sy haar as 'n regspraktisyn bekwaam en die B.Proc.-graad aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal. Sy is getroud met die prokureur Dirk NagtegaalBrümmer, Willemien Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2009/03/23/BJ/8/DieNagtegaals.html en die egpaar het twee kinders, die skrywer Jackie Nagtegaal en die advokaat Jan-Jan. Hulle woon in Melkbosstrand naby Kaapstad.Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
Haar man en sy stig die regsfirma LipcoDie Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2014/01/29/3/tcNagtegaalsHB-LT_29_0_279038113.html vir advokate om as bemiddelaars en arbiters op te tree en in 2014 kry Lipco Law for All by die African Legal Awards die prys vir die mees innoverende regspan in Afrika. In 2001 bestudeer sy en haar man ook Filosofie saam. Vanaf 2002 borg sy en haar man die Nagtegaal-kompetisie waarin nuwe drama- en kabarettekste in Afrikaans bekroon word,Burger, Kobus “'n Hupstoot vir Afrikaanse toneel en kabaret” “Plus” 28 Februarie 2002 maar die verbintenis tussen die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en hierdie prys kom in 2006 tot 'n einde.Botes, Zani Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/dirk_reinet.asp In 2003 begin hulle die uitgewery Genugtig! (later Joho-Uitgewers) om aan debuutskrywers die geleentheid te gee om hulle werk te publiseer. Later word sy ook bestuurder van die Damhuis-restaurant in Melkbosstrand. Reinet vind in Maart 2012 uit dat sy lewerkanker het. In 2014 wen sy 'n ATKV-Mediaveertjie in die rubriek-afdeling vir haar “ 'n Lewe met kanker”, wat in Rapport se My Tyd-tydskrif verskyn het. Sy is op Maandag 15 Desember 2014De Vries, Willem Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Vermaak/Reinet-Nagtegaal-so-onthou-20141217 in haar huis in Melkbosstrand aan lewerkanker oorlede.De Vries, Willem “Skrywer Reinet Nagtegaal verloor stryd teen kanker” “Beeld” 17 Desember 2014
Skrywerk In standerd ses wen sy 'n landswye opstelwedstryd en in standerd agt word van haar gedigte in “Poort” gepubliseer. Op 'n stadium tydens haar werksloopbaan neem sy drie maande sabbatsverlof om haar eerste boek te skryf. Dit is pret om mee te begin, maar word gou eentonig. Sy skryf haar dan in by Riana Scheepers se skryfskool en word so verder gestimuleer. Voorvaders kan vlieg, sê DeloresCoetzer, Susan “Dié Nagtegaal kan vlieg” “Rooi Rose” Maart 2002 vertel die verhaal van die veertigjarige voormalige aktrise Delores,Nieuwoudt, Stephanie Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/10/06/13/7.html wat worstel met die verkragting van haar moeder, die dood van haar vader, die minnaar wat haar verlaat het en haar eie doellose lewe.Venter, L.S. “Rapport” 6 Januarie 2002
Wybenga, Gretel “Beeld” 12 November 2001 Haar groot toets is die minnaar wat haar sonder 'n afskeidswoord verlaat het vir 'n verhouding met 'n manlike model.Maartens, Naomi Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/mond/nagtegaal.asp Haar familie maan haar teen 'n oordrewe klem op die sensuele, die intuïtiewe en die emosionele, waarna 'n stryd in haar woed tussen die sensuele en die verstandelike om by 'n balans uit te kom.Steinmair, Deborah LitNet: http://www.litnet.co.za/reinet-nagtegaal-kan-vlieg-se-delores/ Sy gebruik haar verbeeldingNieuwoudt, Stephanie Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2001/10/13/5/2.html en skep so 'n voorvader wat haar innerlike stem verteenwoordig en so word die roman 'n heerlike fantasievlug.Nieuwoudt, Stephanie “Vir dié wat verbeelding verstaan” “Beeld” 13 Oktober 2001 Delores se voorvader neem met oorgawe deel aan haar eksentrieke ondernemings.Vorster, Alita Rapport: http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2007/11/21/RT/16/NAGTEGAAL.html Hy verskyn om die beurt as 'n transvestiet, 'n Kersvader, 'n balletdanser en selfs 'n David Kramer-figuur in die Karoo. Hierdie roman word deur Alexa Strachan vir die verhoog verwerk en in 2002 by die KKNK opgevoer, met musiek en lirieke wat deur die digter H.J. Pieterse geskryf is. “Voorvaders kan vlieg, sê Delores”Schoombie, Schalk “Delores vlieg” “Insig” Oktober 2001 verower in 2000 die Debuut prys in die Groot Romanwedstryd van Sanlam, Insig en Kwêla, in samewerking met Radiosondergrense en LitNet en is in 2002 op die kortlys vir die toekenning van die ATKV-prys. Dit word ook in Engels vertaal en gepubliseer as “According to Delores”.
Abra K’DabraDe Vries, Anastasia “Insig” 1987–2007
Nel, Ronél “Beeld” 30 April 2007 ondersoek die skeppingskrag van woorde en hoe die drie vroue hoofkarakters ('n regter, 'n advokaat en 'n skoonmaker) deur taalgebruik hul woorde laat transponeer na werklikheid en so verantwoordelik raak vir hul eie en ander se noodlot. Die karakters ontdek opnuut die tradisie van die ou alchemiste en die “Sefer Yitzirah” (“Boek van die Skepping” en een van die oudste bestaande Joodse geskrifte) en speel dan daarmee binne die parameters van 'n regspraktyk, met tragiese gevolge.Myburgh, Melt LitNet: http://www.litnet.co.za/vyf-vinnige-vrae-aan-reinet-nagtegaal/
In limboHarper, Susanne “Beeld” 24 Augustus 2009
Nel, Ronel “Rapport” 19 April 2009 (wat sy saam met haar dogter Jackie skryf)Brümmer, Willemien “Twee Nagtegaals vlieg saam” “By” 21 Maart 2009 is die verhaal van 'n ma en dogter wat albei alkoholiste is en die probleme wat hulle op die lewenspad ervaar. Die ma is lewens mentor en die dogter is 'n seks beluste entrepreneur wat opbouende praatjies hou oor straatkinders. Reinet se bydrae is om die ma se karakter weer te gee, terwyl Jackie uit die perspektief van die kind skryf. Hoewel effens oordadig, is die boek 'n satiriese kyk op die doellose en leë lewens van die rykes en die daarmee gepaardgaande statussimbole.Van Wyk, Marguerite Sarie: http://www.sarie.com/eie-stories/dit-het-ons-by-mekaar-geleer/
Loorita se Griekse voorskootCoetzee, Terésa “Beeld” 8 November 2012 is 'n kookboek wat sy saam met haar man, Dirk Nagtegaal, skryf. Die titel is 'n huldeblyk aan hulle oorlede vriendin, die Afrikaner wat met 'n Griek getrou het, Loorita Panagiotopoulos. Sy was ook die bekende akteur en televisie-aanbieder Nico Panagio se ma.Coetzee, Terésa Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2012/11/08/B1/14/TCNagtegaals.html
Saam met haar seun, Jan-Jan Nagtegaal, skryf sy die drama My pa dink hy’s Elvis, wat in 2011 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, die Innibosfees en elders opgevoer word. Die agtergrond is 'n disfunksionele gesin waar elkeen op soek is na sy eie identiteit.Pople, Laetitia Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2011/06/02/SK/10/renet.html Die seun vergesel sy pa op sy toer van klein plattelandse dorpies met sy vertoning as Elvis-nabootser, waartydens pa en seun verskeie aspekte van hulle onderskeie karakters ontbloot.
Publikasies Voorvaders kan vlieg, sê Delores (2001) Abra K’Dabra (2007) In limbo, saam met Jackie Nagtegaal (2009) Loorita se Griekse voorskoot, saam met Dirk Nagtegaal (2012)
Bronnelys Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 2006 Vorster, Alita “Toorkrag van taal” “Rapport” 4 November 2007 Geni: http://www.geni.com/people/Reinet-Nagtegaal/6000000026725546332 Nagtegaal, Reinet Lewenskets Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein (ongepubliseerd)
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Sterftes in 2014