Jackie Nagtegaal is ’n Suid-Afrikaanse skrywer en is op 8 Julie 1984 in Potchefstroom gebore as die jongste van twee kinders.
Lewe en werk Sy het 'n ouer broer, Jan-Jan. Haar ma is Reinet Nagtegaal, ook 'n bekende skrywer, Van Wyk, Marguerite Sarie: http://www.sarie.com/eie-stories/dit-het-ons-by-mekaar-geleer/#/ en haar pa is Dirk Nagtegaal, 'n prokureur. Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau. Kaapstad en Pretoria. Eerste uitgawe 2005 Jackie leer loop op Jeffreysbaai en Cape St. FrancisStoriewerf: http://www.storiewerf.co.za/cvs/cv_jackienagtegaal.htm en die gesin woon daarna lank in Pretoria, waar sy skoolgaan aan die Laerskool Monumentpark en vanaf graad vier aan Crawford College. In 1999 trek sy na Melkbosstrand en gaan skool by die Parklands College in Bloubergstrand, waarna sy in 2002 matrikuleer aan die Vineyard Private School op Stellenbosch.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/nagtegaalj.html Sy is een van net nege leerlinge en neem Afrikaans, Engels, Kuns, Geskiedenis, Bedryfsekonomie en Wiskunde.Coetzer, Toast Oulitnet: http://www.oulitnet.co.za/mond/jackie.asp In hierdie tyd bly sy in 'n woonstel op Stellenbosch. Daarna skryf sy in 2003 in vir 'n B.A.-graad by die Universiteit Stellenbosch met Filosofie, Politiek en Afrikaans-Nederlands as vakke, maar staak haar studies om voltyds te skryf. In 2004 begin sy met reg studies aan die Universiteit van Kaapstad, wat sy later aan die Universiteit van Stellenbosch voortsit en in 2006 'n LL.B.-graad behaal. Hierna word sy as advokaat tot die Kaapse Balie toegelaat. Sy word aangestel as uitvoerende direkteur van Lipco,Coetzee, Terésa Netwerk24: http://www.netwerk24.com/Ontspan/Regte-uit-die-boks-20140122 die groep wat haar ouers op die been gebring het. Een van die filiale van Lipco is Joho Uitgewers (eers Genugtig!-Uitgewers). Die Lipco-groep word die grootste organisasie vir bemiddeling van geskille in Suid-Afrika en sy word in Januarie 2007 saam met haar broer aangestel as mede-besturende direkteur.
Sy is een van die eerstes wat trou ingevolge die Wet op Burgerlike Verbintenisse wat huwelike tussen gay-paartjies wettig, wanneer sy en Vera van der Merwe op 1 Desember 2006 op Melkbosstrand afhaak. Die egpaar gaan kort na afloop van hulle wittebrood in MeksikoBrümmer, Willemien “Twee Nagtegaals vlieg saam” “By” 21 Maart 2009 na 'n fertiliteitskliniek waar hulle 'n spermskenker uitkies en gelyktydig swanger raak.La Vita, Murray “Jonk, gay en broeis” “By” 13 Januarie 2007 DirkieBrümmer, Willemien “Dirk se ma’s” “Insig” 1987–2007 word in 2007 gebore.Retief, Hanlie “Dubbele moederliefde in Huis Nagtegaal” “Rapport” 28 Oktober 2007 Teen die einde van 2009 is Jackie weer swangerMalan, Marlene “Nagtegaals verwag 'n 2de pienkvoet” “Rapport” 7 Februarie 2010 en Finn NagtegaalSmith, Francois “Antjie en die Nagtegaaltjie” “Insig” Mei 2004 word op 4 Oktober 2010 in Kaapstad gebore. Saam stig Jackie en Vera in 2005 die afdeling Her Law binne Lipco, wat spesialiseer in vroueregte en hulle publiseer ook die regsboek, “Her law: Making the law work for you”, wat in 2007 gepubliseer word. In 2006 genoodsaak die groei by Joho Uitgewers dat sy en Vera, saam met Bev Maritz, die bestuur van hierdie maatskappy voltyds oorneem. Teen die einde van 2010 word die uitgewery gesluit. Sy is steeds saam met haar broer mede-besturende direkteur van Lipco Law for All, 'n regshulpdiens vir diegene wat nie normaalweg regskoste kan bekostig nie en deur 'n maandelikse paaiement hierdie dienste kan benut wanneer nodig. Sy is ook in Januarie 2015 die stigter van The African School of Mediation, wat opleiding verskaf aan bemiddelaars vir die oplos van geskille.
Skryfwerk Sy skryf Beyers, Yvonne “Hough haar aansporing om 'n skrywer te word” “Beeld” 21 Junie 2003 al vandat sy in graad drie is en voltooi “Daar’s vis in die punch” Harper, Susanne “Beeld” 24 Augustus 2009Nel, Ronel “Rapport” 19 April 2009 voor haar sestiende verjaarsdag.Myburgh, Melt Rapport Hierdie boek bevat volgens eie erkenning baie outobiografiese elemente en beeld die lewe van 'n moderne, ryk tiener uit.Stadler, Hanlie “'n Vis met punch” “Rapport” 31 Maart 2002 Charlie Koekemoer is in graad elf en 'n leerling aan 'n privaat skool in die Kaap.Nagtegaal, Jackie “‘Vis in die punch’ gooi klip in die bos” “Bylae by Die Burger” “27 Maart 2002 Haar ouers is advokate en selde tuis. Charlie het haar eie kar sonder bestuurslisensie, verstaan seks en dwelmsGroen, Gert “Geld, seks, dwelms en ander issues…” “Beeld” 22 April 2002 en kuier tot in die vroeë oggendure in klubs.John, Philip Literator: http://blogs.sun.ac.za/boekwurm/files/2010/10/Vis-in-die-punch-en-kreatiwiteit.pdf Die skilder Frida Kahlo is haar inspirasie en sy besluit om die Kahlo-uitstalling in die Kaap te gaan soek. Hierdie soektog word ook 'n innerlike reis waarin sy tot groter insig kom oor haar eie bestaan en haar verhouding met haar ouers. Myburgh, Melt “Die geheim van Jackie Nagtegaal se heupe” “Rapport” 16 Julie 2006 Die boek Brink, André P. “Daar’s punch in dié debat” “Beeld” 24 September 2003 is geskryf in 'n tussentaal tussen Engels en AfrikaansHambidge, Joan “Jackie Nagtegaal skryf maar net soos ons praat” “Rapport” 20 Julie 2003 en word later in volbloed-Engels vertaal as “Alternative realities”. Engelbrecht, Theunis “Storm oor ‘lui’ skrywerstaal” “Rapport” 29 Junie 2003 Die M.E.R.-prys en 'n KykNET-merieteprys word in 2003 aan “Daar’s vis in die punch” toegeken. Die boek word ook tot verhoogdrama verwerk en in 2006 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer.
“In limbo”Harper, Susanne “Beeld” 24 Augustus 2009 (wat sy saam met haar ma skryf) is die verhaal van 'n ma en dogter wat albei alkoholiste is en beskryf die probleme wat hulle op die lewenspad ervaar.Truter, Suzette “Loner in limbo” “Sarie” November 2003 Die ma is lewensmentor en die dogter is 'n sekslustige entrepreneur wat praatjies hou oor straatkinders. Reinet se bydrae is om die ma se karakter weer te gee, terwyl Jackie uit die perspektief van die kind skryf.Grundling, Erns “In (die mees beautiful Afrikaanse) limbo” “Insig” Augustus 2003
Publikasies 2002 – Daar’s vis in die punch 2009 – In limbo (saam met Reinet Nagtegaal)
Bronne LinkedIn: https://za.linkedin.com/in/adv-jackie-nagtegaal-a05602b9 Van Zyl, Johan “In your face” “Naweek-Beeld” 28 Junie 2003 Roggeband, Ilza “Boeke is maar net nog iets wat jy vervaardig” “By” 16 April 2011 Coetzee, Terésa “Dertien vrae aan Jackie Nagtegaal” “My Tyd Rapport” 31 Januarie 2010 Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers. Eerste uitgawe, tweede druk, 2005 Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel 3” Van Schaik-Uitgewers. Pretoria. Eerste uitgawe. 2006
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1984