duimnael|links|Castelline gee 'n voorbeeld in Haïtiaanse kreools Haïtiaanse kreools (Kreyòl ayisyen of kort kreyòl, [kɣejɔl]) is 'n Kreools wat deur sowat 7,7 miljoen mense in Haïti op die Karibiese eiland Hispaniola en 'n verdere twee miljoen wêreldwyd gepraat word. Dit baseer op Frans en is die mees verspreide Kreools. Haïtiaanse kreools vorm saam met Frans die amptelike tale van Haïti. Sowat 95% van dié land se bevolking praat Haïtiaanse kreools en 5% Frans. Haïtiaanse kreools is grootliks op die 18de-eeuse Frans gebaseer met invloede uit Portugees, Spaans, Taino en Wes-Afrikaanse tale soos die Niger-Kongo-tale Wolof, Ewe en Fon. Haïtiaanse kreools het 'n laer sosiale status as Frans.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Fransgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Tale van Haïti