frame|regs|Die Utah-teepot, rendisie in POV-Ray. Skaduwees, spekulêre lig, gekleurde beligting en hobbelkartering word gedemonstreer. Die Persistence of Vision Raytracer, of POV-Ray, is 'n gratis straalvolgerprogram beskikbaar vir 'n verskeidenheid van rekenaarplatforms. Dit is oorspronklik gebaseer op DKBTrace, geskryf deur David K. Buck en Aaron A. Collins. Daar is ook invloede van POV-Ray se voorloper, Polyray, wat deur Alexander Enzmann bygedra is. Die lisensie is gratisware.

Funksies

POV-Ray het al baie verbeter sedert sy begin. Onlangse weergawes van die sagteware sluit die volgende funksies in:

'n Turing-volledige programmeertaal wat makro's en lusse insluit (sien SCC3 vir voorbeelde van prentjies wat met minder as 256 grepe van kode gemaak is). 'n Biblioteek van klaargemaakte lêers, teksture en voorwerpe. Ondersteuning vir 'n hele klomp geometriese primitiewe en konstruktiewe ruimtemeetkunde. Verskeie tipes ligbronne. Atmosferiese effekte soos mis en rook. Weerkaatsing, ligbreking en lig Wikipedia:caustics wat fotonkartering gebruik. Oppervlakpatrone soos plooie, hobbels en rimpels; wat in prosedurale teksture en hobbelkartering gebruik word.

Eksterne Skakels Amptelike webwerf Nie-amptelike wiki vir alles aangaande POV-Ray

Kategorie:Rekenaars