Hans Pienaar is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, joernalis en fotograaf en is in 1955LitNet ATKV-Skrywersalbum 21 Januarie 2015: http://www.litnet.co.za/hans-pienaar-1955/ in Stellenbosch, Wes-Kaap, gebore as eerste kind van Johnny Pienaar, later 'n advokaat, en Noreen Pienaar, later 'n bibliotekaris.Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria; Eerste uitgawe 2005

Lewe en werk Na skoolopleiding aan 13 skole, met 'n matriek by Empangeni hoërskool, doen hy twee jaar diensplig, onder meer in die Zambesivallei as 'n seiner. Hy begin sy studie aan die Universiteit van Pretoria,Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998 aanvanklik in fisika en mikrobiologie en dan in tale en sielkunde. Hier is hy redakteur van die studentetydskrif Vlieg. Weens kort prosa van Koos Prinsloo en Johann de Lange word die redaksie geskors en Pienaar verbied om aan studentepolitiek deel te neem. Hy studeer verder aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy 'n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands behaal. Hy verlaat die koerant Beeld in 1984 uit protes teen die koerant se steun vir die Nasionale Party en die tuislandbeleid, en sluit by die redaksie van Sunday Times aan, maar bedank ook hier na botsings oor polisie-optrede wat verdoesel word. Hy is vanaf 1987 tot 1989 een van die direkteure van die uitgewery Taurus en 'n redaksielid van die letterkundige tydskrif Stet. In 1989 sluit hy aan by Vrye Weekblad, waar hy vir sowat agt maande nuusredakteur is, waarna hy vir Rapport gaan werk. Uit protes teen rassisme by die koerant bedank hy en sluit aan by The Star. As produksieredakteur van Independent Newspapers se buitelandse diens gaan hy op vele buitelandse reise, hoofsaaklik in Afrika, maar word afgedank weens sy kritiese houding teenoor Thabo Mbeki se Zimbabwe-beleid. In 2009 sluit hy aan by die redaksie van Business Day, waar hy die skrywer van die blog “Continental Drift” is. Hy word ook deeltyds aangestel op die redaksie van Die vrye Afrikaan.Esat: http://esat.sun.ac.za/index.php/Hans_PienaarIn 2015 tree hy af by Business Day maar gaan voort om produksiewerk te doen en politieke kommentaar te skryf. Hy skryf ook gereeld kommentaar vir Litnet, onder meer as Nuusvink vir die Afrikaans-Nederlandse webwerf Voertaal.

As fotograaf hou hy onafhanklike uitstallings, onder andere onder die titel “Moeg gedroom”, van foto’s geneem tydens sy reise in Afrika en China in 2002 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en by Boekehuis in Johannesburg. Die uitstalling “Uithoeke” volg in 2007 by die KKNK. Hy skryf kort gedigte by die foto’s as beoefening van wat hy 'n nuwe genre, fotogedigte, noem. Hy is die dryfkrag agter die Melville-poësiefeesStehle, Rudolf “Melville-digters gaan voort met kleiner fees” “Beeld” 2 September 2013 in Johannesburg,Cloete, Henry LitNet: http://www.litnet.co.za/hans-pienaar-gesels-oor-die-melville-poesiefees/ van 2011 tot 2013.Stehle, Rudolf, Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2012/10/24/B1/16/rsMelvillepoesiefees.html In 2012 verwerf hy die M.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns met lof aan die Universiteit van Pretoria In 2018 is hy 'n skryfgenoot by die Johannesburg Institute for Advanced Studies. Hy is getroud met die digter Corné Coetzee. Die egpaar het twee dogters en woon sedert 2021 in Napier, Wes-Kaapland.

Skryfwerk

Drama Hans lewer werk in al drie genres, drama, prosa en poësie en skryf in Afrikaans en Engels. Sy eerste drama is Please Tell Us What's Going On, Please, oor die nagkantoor van 'n koerant waar 'n jong swart joernalis met 'n Duitse subredakteur bots na laasgenoemde se rassistiese uitlatings. Hulle word gedwing om aan 'n versoeningsprogram deel te neem. Ching Chong Che handel oor Che Guevara se mislukte ekspedisie in die Kongo en sy kritiek op vryheidsvegters waar hy in die hiernamaals wag om geoordeel te word. Dit word vir twee Naledipryse benoem. Kom terug SaartjieGroenewald, Anneli Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2005/03/26/P2/09/02.html is in 2002 'n finalis in die Nagtegaalprys vir nuutgeskrewe dramatekste. Die drama het Saartjie Baartman en Charlize Theron se verhale as inspirasie. Christelle Human en haar ma keer terug van Los Angeles na 'n klein hotel buite 'n dorp in die Oos-Kaap, waar Christelle haar voorberei vir 'n toespraak by die graf van Saartjie Baartman. Sy het ook 'n geheime ontmoeting met 'n afperser wat van sekere voorvalle uit haar gesin se verlede te hore gekom het. Drie dosyn rose is die Afrikaanse weergawe van die gelyknamige teks wat die Pansaprys vir beste nuwe teks nasionaal wen. Die eerste deel handel oor 'n jong man wat argumente met sy gewete voer wat skielik besluit om 'n ander ras aan te neem om te keer dat hy trou. Die tweede deel gaan oor 'n motorkaper wat navorsing doen op 'n straathoek oor die soort motor wat daar verbykom. In 2016 debuteer Die wortel van alle kwaad in Potchefstroom in 'n opvoering deur 'n amateurgeselskap. Dit handel oor vier mans wat in 'n saal vir blaasoperasies beland. Een ontdek die matrone in beheer is 'n ou universiteitsliefde, en albei se keuses in hul jeugjare as aktiviste word onder die loep geneem. Die ander karakters is 'n filmmaker, wie se besprekings oor sy selfoon verkeerd verstaan word deur die vierde karakter, 'n Moslem met allerlei onderduimse planne. In 2015 lei The Good Candidate die Engelse aanbod by die Suidoosterfees in Kaapstad. Dit handel oor die leier van 'n begrafnisvereniging wat deur sy gemeenskap gevra word om vir die parlement in 'n verbeelde Afrikaland se verkiesing te staan. Hierna word hy op allerlei onderduimse maniere gefnuik. Pienaar skryf ook die onopgevoerde dramas Kruger se DNS en My Broer, My Held.

Prosa Met Die lewe ondergronds maak hy sy debuut as kortverhaalskrywer by Taurus. Die titel verwys na 'n fisieke bestaan onder die grond, soos die titelverhaal van 'n swart huiswerker wat een van die karakters se kunswerke begrawe, maar ook na die onderdrukte politieke gevoel wat in die verhale aanwesig is en slegs op bedekte of ondergrondse wyse uitgeleef kan word. Gesamentlik gee die verhale die ontwikkeling van 'n seun deur sy skooljare, sy eerste liefdeservarings, sy tyd as dienspligtige en sy politieke bewuswording en betrokkenheid weer Hy is in 1987 die redakteur van Forces' Favourites, 'n versameling kortverhale in Engels en Afrikaans wat bedoel is as werktuig in die veldtog teen diensplig.

Chaos, of Op soek na SupermanBarendse, Joan-Mari “Tydskrif vir Letterkunde” Vierde reeks 50 (2) Lente 2013; Nel, Jaco “Beeld” 11 Februarie 2013 is Pienaar se debuut as romanskrywer in 2012 by sy produksiemaatskappy onder die drukkersnaam altoviolet, met 'n teks wat reeds in die laat 1990s voltooi is. Hierin neem hy die chaos van die titel tot die uiterste. Nie een hoofstuk lyk dieselfde nie, met sommige selfs in ander lettertipes gedruk. Die boek begin met die verteller wat vanuit 'n sielkundige inrigting aan die leser verduidelik hoe die boek uit talle vergete en diverse dokumente tot stand gekom het aan die hand van chaosteorie. Een is 'n navorsingsgeskrif oor Superman vanuit sy studentedae, met wie hy 'n obsessie ontwikkel en in verskeie persone in sy lewe sien. In ander verhale/episodes kom die verteller se diensplig, loopbaan as joernalis, oorlog, onluste en polisie-onderdrukking aan die bod. Tussendeur voer hy konstant intellektuele en selfs paranoïese debatte met homself, en sy hallusinasies van die Wright-broers, Orville en Wilbur. Die geskiedenis van die vliegkuns is 'n deurlopende tema, asook 'n teorie oor die onontkombare dubbelsinnigheid van skrif wat die sade van politieke an ander soorte chaos saai. Nie net die verlede is chaoties nie, want die prognose aan die einde is dat chaos in post-apartheid Suid-Afrika sal voortduur, want niks gaan verander nie. Die boek is 'n chaotiese gesprek oor chaos, waarin die oenskynlike gebrek aan struktuur verbloem dat ordelikheid ook onvermydelik is: in enige verhaling van verhale.

In 2007 kom sy roman Germ op die langlys vir die Europese Unie-letterdebuutprys,Brand, Gerrit Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2007/01/22/B1/3/GBeuprys_1545.html wat jaarliks aan 'n ongepubliseerde roman deur 'n Suid-Afrikaner toegeken word. Dit is 'n vertaling van die roman wat hy oorspronklik in Afrikaans onder die titel KiemFitzpatrick, Marida Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2007/02/13/B1/11/hans.html skryf en handel oor 'n voormalige lid van die Derde Mag-agtige eenheid wat aan geheueverlies ly weens 'n voorval in sy verlede. Brokkies oor die voorval tree na vore wanneer hy aansluit by 'n ANC-tipe beweging, en die staat en sy regters hul pogings probeer dwarsboom om in die hof te probeer bewys dat hy 'n lid van die moordbende was. Altoviolet gee dit in beide Engels en Afrikaans as My ChinaMaas, Deon “Beeld” 3 Augustus 2015 uit - dwarsdeur die stukke uit sy verlede wat hy onthou kom verwysings na China voor, waarvoor die rede eers in die laaste paragrawe onthul word.

In 2016 verskyn Te Veel Sorge by altoviolet, 'n bundel verhale waarvan sommige by mekaar inskakel en ook gesien kan word as die oorblyfsels van 'n poging om 'n roman te skryf. Hierdie potensiële roman wentel om 'n sakeman wat 'n groep weduwees se geld in Nigerië belê, waar hy verneuk word. Hy het nie die moed om die waarheid aan hulle te gaan onthul nie en spandeer sy tyd in gastehuise in die woonbuurt Melville in Johannesburg, waarmee die meeste karakters ook konneksies het.

In 2018 verskyn die roman Die Generaal by Tafelberg, nadat dit in die langlys van NB se Groot Romanwedstryd gehaal het. Dit handel oor die dienspligtige Johan se ervaringe in die Zambesi-vallei waar die Suid-Afrikaanse weermag 'n klandestiene meeluisterstasie gehad het. Sy weiering om sekere aksies uit te voer bring hom en sy generaal-oom in die moeilikheid.

In 2022 publiseer Protea Boekehuis die roman Kaap, in 33 perspektiewe en een waarskuwing. Die veteraan-joernalis Marnus se boesemvriend Wynand, 'n beroemde akteur, is besig om aan kanker te sterf. Hy word terselfdertyd gekonfronteer met 'n weggooistelling uit sy jare as anti-apartheidsaktivis dat hy die Wes-Kaap onafhanklik sal verklaar om die vryheidstryd verder te voer sou die ANC 'n gemors van sy tyd in die regeringstoele maak. Die perspektiewe is dié van mense in die hede en verlede wat by sy "verraad" betrek word, insluitende Rentia, met wie hy 'n verhouding aanknoop. Ook lewelose voorwerpe, soos 'n lamppaal, 'n matras, die olifant in die kamer en miere se perspektiewe kom aan die beurt.

Pienaar skryf ook nie-fiksie. Die geskiedkundige werk Die derde oorlog teen Mapoch, 'n ondersoek na die staat se geheime oorloë teen die Ndebele, verower in 1992 die Rapport-prys vir nie-fiksie. Die inwoners van KwaNdebele, meestal plakkers in 'n weggooituisland, kom in 1986 tydens die noodtoestand in opstand en dit word die gebied waar die grootste aantal mense by wyse van halssnoermoorde sterf. Hy neem die geskiedenis van die tuisland terug na die 19de eeu, toe die Ndebele tydens die Tweede Oorlog teen Mapoch onderwerp is en wit ZAR-burgers hul grond van hul afgeneem het.

As direkteur van die uitgewery Taurus redigeer Hans saam met Hein Willemse Die Trojaanse Perd,Van der Lugt, Pieter “Die Burger” 18 Desember 1986 wat handel oor die omstrede voorval in 1985 waarin die polisie hul in 'n vragmotor van die Suid-Afrikaanse Spoorweë versteek en in die township Athlone in Kaapstad 'n aantal kinders langs die straat doodskiet. Die skrywers voer onderhoude met politici, ouers van beseerde kinders en studenteleiers oor die voorval en die effek van die noodtoestand in die Kaap. Hierdie boek word verban en oorblywende kopieë daarvan deur die polisie gekonfiskeer, maar Taurus slaag daarin om die meeste na meningsvormers, akademici en mediawerkers te pos.

Poësie