duimnael|links|upright|Jesus voor Herodes Antipas. Stiftskirche Millstatt. Oswalt Kreusel 1591 duimnael|links|upright|Die verdeling van Herodes die Grote se ryk. In pienk Herodes Antipas s'n. Herodes Antipas was tetrarchos van Galilea en Perea van 4 v.C. tot 39 n.C.

Hy was 'n seun van Herodes die Grote en toe sy pa sterf in 4 v.C. het keiser Augustus besluit om sy gebiede onder sy drie seuns Antipas, Archelaüs en Philippus te verdeel. Archelaüs het Judea gekry, Antipas Galilea en Perea. Jesus, the Galilean Exorcist: His Exorcisms in Social and Political Context, Deel 459 van The Library of New Testament Studies, , Bloomsbury Publishing, 2012, ,

Daar is min bekend oor hom. Hy het goeie betrekkings met Augustus en Tiberius onderhou en in hierdie tyd het Galilea rus en vrede geken. Daar was twee konflikte, een met Agrippa I en een met Aretas (IV) wat Antipas se oosgrens aangeval het. Tiberius het egter Antipas gesteun en hom in 36/37 selfs gevra om tussen Rome en Partië te bemiddel.

In teenstelling tot sy broers het Antipas respek getoon vir die geloof van sy volk. Dit blyk byvoorbeeld uit sy munte wat geen beelde van hom of van heidense tempels getoon het nie.

Onder die derde Romeinse keiser, Gaius het Antipas sy beskerming verloor. Agrippa I het hom beskuldig van ontrou aan Rome en sameswering teen die keiser. Gaius het hom geglo en Antipas verban en sy besittings gevat.

Antipas in die Bybel Herodes Antipas is bekend uit die Bybel vir die dans van sy dogter Salome en haar eis om die hoof van Johannes die Doper as beloning te kry. (Matteus 14:1-2, Markus 6:14-16). Dit is die Herodes wat Jesus geken het.

Verwysings

Kategorie:Monarge uit die Nuwe Testament Kategorie:Geboortes in 20 v.C. Kategorie:Sterftes in 39