Mikro-ekonomie (uit die Griekse voorvoegsel mikros wat “klein” beteken) is 'n tak van ekonomie wat die gedrag van individue en firmas bestudeer ten opsigte van besluite wat geneem word oor die toedeling van beperkte of skaars hulpbronne.Marchant, Mary A.; Snell, William M. "Macroeconomic and International Policy Terms" (PDF). University of Kentucky. Retrieved 2007-05-04."Economics Glossary". Monroe County Women's Disability Network. Retrieved 2008-02-22.Dit is tipies van toepassing op markte waar goedere of dienste gekoop en verkoop word. Mikro-ekonomie bestudeer hoe hierdie besluite en gedrag die vraag en aanbod van goedere en dienste beïnvloed, wat pryse bepaal, en hoe pryse, op hulle beurt, weer die vraag en aanbod van goedere en dienste bepaal."Social Studies Standards Glossary". New Mexico Public Education Department. Archived from the original on 2007-08-08. Retrieved 2008-02-22."Social Studies Standards Glossary".
Dit is in teenstelling met makro-ekonomie wat die “somtotaal van ekonomiese aktiwiteit behels en kwessies soos groei, inflasie en werkloosheid insluit.” Mikro-ekonomie gaan ook oor die uitwerking van nasionale ekonomiese beleide (soos veranderende vlakke van belasting) op die bogenoemde aspekte van die ekonomie. Veral ná die Lucas-kritiek, is groot dele van moderne makro-ekonomieteorie op "mikrobeginsels" geskoei, dit wil sê, dit is gebaseer op basiese aannames oor mikrovlakgedrag.
Een doelstelling van mikro-ekonomie is om die markmeganismes wat die relatiewe pryse van goedere en dienste bepaal, te ontleed en om beperkte (skaars) hulpbronne aan alternatiewe gebruike toe te ken. Mikro-ekonomie ontleed ook markmislukkings, waar die mark nie daarin slaag om doeltreffende resultate te lewer nie, en beskryf die teoretiese toestande wat vir volmaakte mededinging vereis word. Belangrike studievelde in mikro-ekonomie sluit die volgende in: algemene markewewig, markte onder asimmetriese inligting, keuse te midde van onsekerheid en ekonomiese toepassings van spelteorie. Die elastisiteit van produkte binne die markstelsel word ook in ag geneem.
Aannames en definisies Mikro-ekonomieteorie begin tipies met die studie van 'n enkele rasionele individu wat probeer om met die middele tot sy beskikking sy behoeftes maksimaal te bevredig (nutmaksimerend). Die rasionaliteit van 'n individu verwys na sy of haar vermoë om sy of haar behoeftes in volgorde van belangrikheid te rangskik. Dit word 'n verbruiker se voorkeurskaal genoem en dit verskil van verbruiker tot verbruiker. Vir ekonome verwys rasionaliteit na 'n individu wat stabiele voorkeure het wat beide volledig en konsekwent of transitief is. Die volledigheid van 'n verbruiker se voorkeure dui daarop dat dit op 'n ononderbroke (kontinue) skaal aangedui kan word en dat daar nie spronge in mense se voorkeure is nie. (Alhoewel dit nie die geval in die werklike lewe is nie, word die aanname gemaak sodat die funksie differensieerbaar is.) Die konsekwentheid van 'n verbruiker se voorkeure beteken dat indien 'n individu kombinasie X van verbruikersgoedere bo kombinasie Y verkies en kombinasie Y bo kombinasie Z, hy konsekwent sal optree en X bo Z sal verkies. (Mohr). Die tegniese aanname dat voorkeurverhoudings volledig is, moet gemaak kan word om die bestaan van 'n nutfunksie te verseker. Hoewel mikro-ekonomieteorie sonder hierdie aanname kan voortgaan, sou dit vergelykende statistieke onmoontlik maak aangesien daar geen waarborg is dat die resulterende nutfunksie differensieerbaar sal wees nie.
Mikro-ekonomieteorie ontwikkel deur 'n mededingende begrotingsversameling te definieer wat 'n deelversameling van die verbruiksversameling is. Dit is op hierdie punt dat ekonome die tegniese aanname maak dat voorkeure plaaslik nieversadig is. Sonder die aanname van plaaslike nieversadiging is daar geen waarborg dat 'n rasionele individu nut (die bevrediging van sy behoeftes) sou maksimeer nie. Met die nodige gereedskap en aannames in plek, word die nutmaksimerende probleem ontwikkel.
Die nutmaksimerende probleem vorm die kern van verbruikersteorie. Die nutmaksimerende probleem probeer om verbruikersgedrag te ontleed deur aan te neem dat verbruikers rasionele voorkeure het en dan hulle gedrag wiskundig te modelleer en die gevolge van hulle aksies te ontleed. Die nutmaksimerende probleem dien nie slegs as wiskundige grondslag van verbruikersteorie nie, maar ook as metafisiese verduideliking daarvan. Dit wil sê, die nutmaksimerende probleem word nie slegs deur ekonome gebruik om individue se keuses te verduidelik nie, maar ook die redes vir hulle keuses.
Die nutmaksimerende probleem is 'n beperkte optimeringsprobleem waarin 'n individu poog om, onderworpe aan 'n begrotingsbeperking, nut te maksimeer. Ekonome gebruik die ekstreemwaardestelling om te verseker dat 'n oplossing vir die nutmaksimerende probleem bestaan. Dit wil sê, omdat die begrotingsbeperking begrens en geslote is, bestaan daar 'n oplossing vir die nutmaksimerende probleem. Ekonome noem die oplossing van die nutmaksimerende probleem Walras se vraagfunksie of ooreenkoms.
Die nutmaksimerende probleem is tot dusver ontwikkel deur verbruikersmaak (verbruikernut) as die primitief te neem. 'n Alternatiewe manier om mikro-ekonomieteorie te ontwikkel, is egter deur verbruikerkeuses as die primitief te neem. Hierdie model van mikro-ekonomieteorie staan bekend as die teorie van bekendgemaakte voorkeure. Om hierdie twee modelle te rekonsilieer, word beperkings op Walras se vraagfunksie geplaas. Die oplossing vir die nutmaksimerende probleem moet spesifiek aan die swak aksioma van bekendgemaakte voorkeure (SABV) voldoen. Vir Walras se vraagfunksie om aan die SABV te voldoen, moet die substitusiematriks (Slutsky) negatief semidefiniet wees. Om dit eenvoudiger te stel, vir Walras se vraagfunksie om konsistent (nie-strydig) met SABV te wees, moet sy substitusie-effek altyd nie-positief wees. duimnael|Die vraag-en-aanbodmodel beskryf hoe pryse wissel as gevolg van 'n balans tussen produkbeskikbaarheid teen elke prys (aanbod) en die behoeftes van dié met koopkrag teen elke prys (vraag). Die grafiek toon 'n verskuiwing na regs aan van D1 na D2 tesame met die gevolglike verhoging in prys en hoeveelheid benodig om 'n nuwe punt van markopruimingsewewig op die aanbodkurwe (S) te bereik. Die vraag-en-aanbodteorie aanvaar gewoonlik dat markte volmaak mededingend is. Dit impliseer dat daar baie kopers en verkopers in die mark is en dat nie een van hulle die vermoë het om die prys van goedere en dienste beduidend te beïnvloed nie. In werklike transaksies faal hierdie aanname egter gereeld omdat sommige individuele kopers of verkopers wel die vermoë het om pryse te beïnvloed. 'n Gesofistikeerde ontleding word gereeld benodig om die vraag-en-aanbodvergelyking van 'n goeie model te begryp. Die teorie werk nietemin goed in situasies wat aan hierdie aannames voldoen.
Hoofstroomekonomie neem nie sonder om die feite te ondersoek aan dat markte verkieslik is bo ander vorme van maatskaplike organisasie nie. Om die waarheid te sê, baie ontleding word gewy aan gevalle waar markgebrek lei tot hulpbrontoedeling wat suboptimaal is en las sonder voordeel skep. 'n Klassieke voorbeeld van suboptimale hulpbrontoedeling is iets wat in landsbelang gedoen word. In hierdie gevalle kan ekonome moontlik poog om beleide te vind wat vermorsing vermy – direk deur regeringsbeheer, indirek deur regulasie wat markdeelnemers oorreed om op te tree in belang van optimale welsyn – of deur "ontbrekende markte" te skep om doeltreffende handel aan te moedig waar dit voorheen nie bestaan het nie.
Dit word bestudeer in die veld van kollektiewe optrede en openbarekeuseteorie. “Optimale welsyn” voldoen gewoonlik aan Pareto se norm, wat 'n wiskundige toepassing van die Kaldor-Hicks-metode is. Dit kan divergeer van die nuttigheidsdoelstelling wat nut maksimeer want dit bring nie die verspreiding van goedere tussen mense in berekening nie. Markmislukking in positiewe ekonomie (mikro-ekonomie) het beperkte implikasies wanneer die oortuiging van die ekonome en hul teorieë nie betrek word nie.
Die vraag na verskillende kommoditeite deur individue word normaalweg beskou as die uitkoms van 'n nutmaksimerende proses, waar elke individu poog om sy eie nut te maksimeer gegewe sy begrotingsbeperking en 'n sekere verbruikversameling.
Mikro-ekonomieonderwerpe Die studie van mikro-ekonomie sluit verskeie sleutelvelde in:
Vraag, aanbod en ewewig Aanbod en vraag is 'n ekonomiese model van prysvasstelling in 'n volmaak mededingende mark. Hierdie model bepaal dat in 'n volmaak mededingende mark met geen eksternaliteite, per eenheid belastings of prysbeheer nie, die eenheidsprys vir 'n besondere goed die prys is waarteen die hoeveelheid deur verbruikers gevra gelyk is aan die hoeveelheid wat deur produsente aangebied word. Hierdie prys het 'n stabiele ekonomiese ewewig tot gevolg.
Meting van elastisiteite Elastisiteit is die maatstaf van gevoeligheid van 'n ekonomiese veranderlike vir verandering in 'n ander veranderlike. Elastisiteit kan gekwantifiseer word as die verhouding van die persentasieverandering in een veranderlike tot die persentasieverandering in 'n ander veranderlike, wanneer die tweede veranderlike 'n kousale (oorsaaklike) invloed op die eerste veranderlike het. Dit is 'n maatstaf om die gevoeligheid van 'n veranderlike, of die funksie wat die veranderlike bepaal, vir veranderinge in kousatiewe (veroorsakende) veranderlikes op eenheidlose wyses te meet. Elastisiteite wat gereeld gebruik word, sluit in: pryselastisiteit van vraag, pryselastisiteit van aanbod, inkome-elastisiteit van vraag, elastisiteit van substitusie tussen produksiefaktore en elastisiteit van intertemporale substitusie.
Verbruikervraagteorie Verbruikervraagteorie plaas voorkeure vir die verbruik van goedere en dienste in verband met verbruikskoste; hierdie verhouding tussen voorkeure en verbruikskoste word gebruik om voorkeure in verband te bring met verbruikervraagkurwes. Die skakel tussen persoonlike voorkeure, verbruik en die vraagkurwe is een van die ekonomieverhoudings wat die fynste bestudeer word. Dit is 'n manier om te ontleed hoe verbruikers ewewig tussen voorkeure en uitgawes kan bereik deur nut te maksimeer onderworpe aan begrotingsbeperkings.
Produksieteorie Produksieteorie is die studie van produksie, oftewel die ekonomiese proses om insette om te skakel na uitsette. Produksie gebruik hulpbronne om goedere of dienste te skep wat gebruik kan word, as geskenke gegee kan word in 'n geskenkekonomie, of verruil kan word in 'n markekonomie. Dit sluit vervaardiging, stoor, verskeping en verpakking in. Sommige ekonome definieer produksie breedweg as alle ekonomiese aktiwiteite behalwe verbruik. Hulle beskou elke kommersiële aktiwiteit buiten die finale aankoop as 'n vorm van produksie.
Produksiekoste Die produksiekosteteorie van waarde sê dat die prys van 'n objek of voorwaarde bepaal word deur die som van die koste van die hulpbronne wat gebruik is om dit te maak. Die koste kan enige produksiefaktore insluit: arbeid, kapitaal, grond. Tegnologie kan beskou word as óf 'n vorm van vaste kapitaal (vanuit die aanleg of fabriek) óf vlottende kapitaal (vanuit intermediêre goedere).
Volmaakte mededinging Volmaakte mededinging beskryf markte waar geen deelnemer groot genoeg is om die markkrag te hê om die prys van 'n homogene produk vas te stel nie. 'n Goeie voorbeeld sou 'n digitale mark soos eBay wees waar baie verskillende verkopers soortgelyke produkte aan baie verskillende kopers verkoop.
Monopolie 'n Monopolie (uit Grieks monos μόνος (alleen of enkel) + polein πωλεῖν (om te verkoop)) bestaan wanneer 'n enkele maatskappy die enigste verskaffer van 'n sekere kommoditeit is.
Oligopolie