Regina Johanna Petronella Coetzee is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is in 1960 op De Aar gebore as die tweede kind van Hendrik en Bettie Coetzee.Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005

Lewe en werk Na vier jaar verhuis die gesin na Daniëlskuil in die Noord-Kaap, waar sy skoolgaan en matrikuleer. Sy studeer Kommunikasiekunde aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en behaal die B.A.-graad in 1982. Dan word sy joernalis by Oggendblad in Pretoria. Sy werk daarna vir 'n rukkie by Informa, 'n tydskrif van die Departement van Samewerking en Ontwikkeling, en word dan in 1986 skakelbeampte van die Technikon Noord-Transvaal in Soshanguve. Hier ontmoet sy die prokureursklerk Gustav Kemp en gaan saam met hom na Engeland, waar hy vir 'n jaar verder studeer aan 'n meestersgraad in Skeepvaartsreg. By hulle terugkeer na Suid-Afrika trou hulle en trek Kaap toe. Hier werk sy eers as kopieskrywer in die reklame-afdeling van Sanlam en dan word sy tuisteskepper net voor die geboorte van haar tweede kind. Die egpaar bly in Kenridge in Durbanville in Kaapstad en het twee kinders, 'n seun (Karl Gustav) en 'n dogter (Elizabeth Alida, wat hulle Bea noem). Lourens, Vanessa “Regina werp lig op ‘ander sy’ van ma-wees” “Die Burger” 10 Julie 1997

Skryfwerk Sy skryf romans oor vrou-wees. Haar debuutroman “Debora de Waal en die baba-blues”Du Plessis, Sonia “Beeld” 6 Oktober 1997; Loots, Sonja “Insig” Augustus 1997 handel oor 'n 33-jarige vrou se dagboekinskrywings oor 'n eerste baba en die impak wat dit het op haar verhoudings met haar eie familie en die skoonfamilie,Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2001/04/18/6/5.html haar man en vriende. Die inmenging, raad en seëninge wat instroom sorg ook vir 'n goeie skeet nageboortelike depressie, die baba-blues. 'n Plesierige verhoogproduksie word van die roman gemaak en by die Aardklop Kunstefees en elders opgevoer.Malan, Mariana Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1997/06/25/14/13.html “Facials op die vliegtuig”Botha, Saartjie “Rapport” 6 Julie 2003; Wybenga, Gretel “Beeld” 7 Julie 2003Jacobs, Jaco Volksblad: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2003/08/04/vb/8bk/06.html kyk met dieselfde humoristiese insig na die dinamiek binne verhoudings wanneer die hoofkarakter Frieda Muller uitvind haar man Paul is ontrou. Sy moet uitvind wat haar regte is by egskeiding en word ook gekonfronteer met die omvang van die aansienlike aantal post-egskeidingsbesluite. Dit bied 'n kykie op die oppervlakkige lewenswaardes van 'n nuwe generasie gegoede professionele jong mense vir wie die belangrikste is hoe hulle lyk en wat hulle besit.

Publikasies 1997- Debora de Waal en die baba-blues

2003 - Facials op ’n vliegtuig

Ander verwysings Parker, Elize “Raaksêreëls soos krale aan 'n snoer” “Plus” 24 Mei 2003 Lourens, Vanessa Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1997/06/24/7/6.html Kemp, Regina Lewenskets Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein 27 Mei 1997

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1960