Cornél JudelsVan Rensburg, Chrisna “Wie is Cornél Judels?” “Kakkerlak” Uitgawe 1, 2004 is 'n Suid-Afrikaanse skrywer en is op 7 Maart 1978Stamboom Muller / Judels: http://wrmuller.home.xs4all.nl/ps04/ps04_187.htm in Johannesburg gebore as die middel van drie kinders van Cornelis Johannes Judels en Zelma du Toit.

Lewe en werk Sy matrikuleer in 1996 aan die Hoërskool Florida en studeer dan vanaf 1997 verder aan die Universiteit van Pretoria, waar sy in 2000 'n graad in Chemiese Ingenieurswese verwerf. Sy woon en werk op die Wes-Rand en studeer verder in Spaans aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy skryf in vir 'n M.A.-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria, wat sy in 2012 verwerf. Haar mini-verhandeling vir hierdie kursus is “ 'n Ondersoek na die ‘Nuwe stemme’-reeks as forum vir ontluikende digters”,Judels, Cornel Universiteit van Pretoria: http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/31177/Judels_Kastaiings_2012.pdf?sequence=3&isAllowed=y terwyl sy vir die praktiese deel van die kursus 'n versameling gedigte indien.

Cornel is oorlede op Sondag 24 November 2019. Sy laat drie kinders agter.

Skryfwerk Haar gedigte word opgeneem in “Nuwe stemme 3”Hambidge, Joan “Volksblad: 16 Mei 2005: http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2005/05/16/VB/8Bk/01.html en in “Groot verseboek” en “My ousie is 'n blom”.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1978