Die swartsnellervis (Melichthys niger) is 'n vis wat voorkom in die Stille Oseaan, die westelike Atlantiese Oseaan en die westelike Indiese Oseaan, suidwaarts aan die ooskus van Afrika tot by Durban. In Engels staan die vis bekend as die Black triggerfish.
Identifikasie Die vis word tot 50 cm lank. Dit is donkergroenerig-swart met pers skakerings. Daar is wit strepe op die basis van die dorsale en anale vinne.
Dit kan maklik verwar word met die Indiese snellervis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron http://www.fishbase.org/summary/Melichthys-niger.html
Eksterne skakels
Kategorie:Straalvinvisse