Gondar of Gonder (Amharies: ጎንደር?, Gonder of Gondär; voorheen ጐንደር, Gʷandar of Gʷender) is ’n stad en afsonderlike woreda (distrik) in Ethiopië. Dis geleë in die Semien-Gondar-sone van die Amhara-streek, noord van die Tanameer aan die Klein Angerebrivier en suidwes van die Simiengebergte, 2 133 meter bo seespieël. Die stad word geheel en al omring deur die Gondar-Zuria-distrik.
Gondar was in die outyd die hoofstad van sowel die Ethiopiese Ryk as die daaropvolgende Begemder-provinsie. Die stad is die tuiste van etlike koninklike kastele, onder meer dié in die koninklike kompleks (Fasil Ghebbi), wat aan Gondar die eretitel “Camelot van Afrika” besorg.
Galery
Eksterne skakels
Kategorie:Nedersettings in Ethiopië