Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Italiaans.

Die Italianers (Italiaans: italiani [itaˈljaːni]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan die Italiaanse Skiereiland en omliggende eilande soos Korsika, Sardinië en Sisilië. Ruggiero Romano, Corrado Vivanti , (1972). 'I caratteri originali'. In: Giulio Einaudi Editore (ed), Storia d'Italia Einaudi. 1st ed. Torino: Einaudi. bl. 958–959. Hulle deel 'n gemeenskaplike Italiaanse kultuur, afkoms en praat Italiaans of 'n ander Romaanse taal as moedertaal. Miti e simboli della rivoluzione nazionale. Treccani.it Ethnic and Cultural Diversity by Country, James D. Fearon . Department of Political Science, Stanford University Italy/Italians: Development of a Nation, how Italy became Italy, and how the Italians became Italians . worldology.com Italianers vorm die titulêre nasie van Italië, waar hulle 91% van die bevolking uitmaak, terwyl volgens die wetlike sin die hele bevolking van Italië Italianers is.

Behalwe Italië leef Italianers nog in omliggende lande soos Duitsland, Frankryk, San Marino, Switserland en die Vatikaanstad, maar die meeste Italianers het hulle in Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Brasilië, Kanada, Uruguay, Venezuela en die Verenigde State gevestig, veral sedert die 19de eeu, na die Unifikasie van Italië. Klein minderhede van Italianers leef sedert eeue heen in Kroasië en Slowenië, veral in Dalmasië en op die skiereiland van Istrië.

Met die uitbreiding van die Italiaanse Ryk in die Middellandse See en Oos-Afrika in die eerste helfde van die 20ste eeu het sommige Italianers in lande soos Libië en Somalië gevestig, maar as gevolg van Italië se nederlaag in die Tweede Wêreldoorlog is hulle weer uitgedryf. Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Italianers saam met Turke en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon.

Italianers het 'n groot invloed en bydrae tot wetenskap, kuns, tegnologie, kookkuns, sport, regsgeleerdheid en bankwese, beide in die buiteland en wêreldwyd. Italianers is algemeen bekend vir hul lokalisme, sowel regionaliste en munisipaliste asook hul aandag aan klere en respek vir gesinswaardes. Die meeste pouse van die Rooms-Katolieke Kerk was Italianers, altesaam 217.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Argentinië Kategorie:Etniese groepe in Australië Kategorie:Etniese groepe in Brasilië Kategorie:Etniese groepe in Colombia Kategorie:Etniese groepe in Duitsland Kategorie:Etniese groepe in Frankryk Kategorie:Etniese groepe in Italië Kategorie:Etniese groepe in Kanada Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Etniese groepe in Uruguay Kategorie:Etniese groepe in Venezuela Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika

Kategorie:San Marino Kategorie:Vatikaanstad