Ronald Walken (gebore op 31 Maart 1943), professioneel bekend as Christopher Walken, is ’n Amerikaanse akteur en regisseur.

Loopbaan duimnael|links|200px|In 1996 saam met Steve Scott op die stel van Celluloide.

As kind het Walken in verskeie televisierolle as ’n ekstra verskyn.Uit Inside the Actors Studio, 1996 Sy eerste rol was in 1953 in die TV-program The Wonderful John Acton as die verteller. Hy het erkenning gekry onder die naam "Ronnie Walken".

In 1964 het hy sy naam na "Christopher" verander. Hy het sy rolprentdebuut gemaak in ’n klein rol teenoor Sean Connery in The Anderson Tapes. In 1972 het hy sy eerste werklike rol gekry in The Mind Snatchers. In Woody Allen se 1977-prent Annie Hall speel hy Annie (Diane Keaton) se mallerige broer. In 1978 was hy in die western Shoot the Sun Down. Vir sy rol in die 1978-drama The Deer Hunter het hy ’n Oscar vir beste manlike byspeler gekry.

Walken het sedertdien in sowat honderd rolprente en TV-programme verskyn, onder meer The Prophecy-reeks (1995-2005), The Dogs of War (1980), Brainstorm (1983), The Dead Zone (1983), A View to a Kill (1985), Pulp Fiction (1994), Catch Me If You Can (2002), Hairspray (2007) en Seven Psychopaths (2012). Hy het verskeie pryse gewen.

Sy debuut as regisseur was in 2001 met die kortfliek Popcorn Shrimp. In 1995 het hy ’n toneelstuk oor Elvis Presley geskryf met die titel Him, waarin hy ook die hoofrol speel.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1943 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu