Morgan FreemanOnderhoud The New Yorker, 3 Julie 1978 (gebore op 1 Junie 1937) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het in 2005 ’n Oscar vir beste manlike byspeler gewen vir Million Dollar Baby en is vir Oscars benoem vir sy spel in Street Smart (1987), Driving Miss Daisy (1989), The Shawshank Redemption (1994) en Invictus (2009). Hy het ook ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen. Hy is bekend vir sy kenmerkende diep stem.
Loopbaan Sy eerste rolprent was in Who Says I Can't Ride a Rainbow? (1971), maar hy het die eerste keer in Amerika bekend geword danksy rolle in sepies soos Another World en die kinderprogram The Electric CompanyUit Inside the Actors Studio, seisoen 11, episode 10 Freeman self beskou sy rol as Fast Black in die prent Street Smart (1987) as sy deurbraakrol.Freeman talks 'Street Smart', winning an Oscar and reveals that acting isn't hard 21 Augustus 2014, YouTube. Besoek op 23 Augustus 2015
Van die middel 1980's af was hy in groter byspelerrolle, as veral wyse, vaderlike karakters. Hy het daarna in meer bekende prente gespeel soos die chauffeur Hoke in Driving Miss Daisy en sers. Major Rawlins in Glory (albei 1989). In 1994 was hy Red in die hoog aangeskrewe The Shawshank Redemption.
Van die ander treffers waarin hy te sien was, is Robin Hood: Prince of Thieves (1991), Seven (1995), Deep Impact (1998), The Sum of All Fears (2002), Bruce Almighty (2003), The Lego Movie (2014) en Lucy (2014). Freeman is die ster wat die vierde meeste geld inbring: gemiddeld $74,4 miljoen per prent."People Index." Box Office Mojo.
Verwysings
Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Geboortes in 1937 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse filantrope