Die rooibalk-klipkabeljou (Epinephelus fasciatus) is 'n vis wat wydverspreid voorkom in die Indiese- en Stille Oseane, die Rooisee en aan die kus van Afrika tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Redbarred rockcod.

Identifikasie Die word tot 40 cm lank en is een van die kleiner klipkabeljoue. Die vis se lyf is oranje-rooi met ses vertikale rooi bande wat oor die lyf strek. Die rant van die dorsale vin is donkerooi. Die vis kan sy kleur varieer na aanleiding van sy gemoed.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe in water wat 3 tot 100m diep is. Hulle is alleenlopers en word dikwels gesien tussen die koraal koppe waar hulle hul prooi, bestaande uit klein vissies of skaaldiere, voorlê.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/SpeciesSummary.php?ID=5348&genusname=Epinephelus&speciesname=fasciatus&AT=Epinephelus+fasciatus&lang=English

Kategorie:Beenvisse