40px Die Doubs (uitgespreek [du] doe) is 'n rivier in Frankryk en Switserland wat in die Saône en uiteindelik in die Rhône uitmond.
Die naam Doubs is van 'n Keltische stam dub- (in Gallies), wat swart beteken. Dit word nog gebruik in Bretoens du en in Iers dub. Ook in die Switsers-Duitse naam Tobwald of Toppwald kom die element dub- voor. In 1299 word dit in Latyn duidelik gemaak " Silvas nigras que theotonice vulgo topwelde appellantur" (Swart bosse was deur die Duitse volk topwelde genoem word.)
Die Franse département Doubs is na hierdie rivier genoem. Sy totale lengte is 453 km, waarvan 430 op Franse grondgebied. In Frankryk is dit die tiende rivier na lengte. Die rivier ontspring in die Franse gemeente Mouthe op 945 m hoogte en stroom aanvanklik na die noordooste langs die stede Pontarlier en Morteau. Dit vorm die Frans-Switserse grens en draai dan na die suidweste. Ná 'n kort rukkie deur Switserland (die Clos du Doubs) stroom dit deur Besançon en die land van Montbéliard om uit te mond in die Saône by Verdun-sur-le-Doubs
Die waterstand is baie onreëlmatig omrede die rivier net deur reënval gevoed word. In Neublans-Abergement word gemiddeld minimaal 64,00 m3/s gemeet in Augustus en maksimaal 268 m3/s in Februarie. Daar is 7 damme wat elektrisiteit lewer.
Syrivier Lengte Stroomgebied OewerAudeux24,2 kmlinksdie ruisseau des Lavaux12 km (in Frankryk) regsdie Drugeon53,5 km191 km2 linksdie Rançonnière10,3 km (in Frankryk)regsdie Dessoubre33,3 km560 km2linksdie Barbèche14,1 kmlinksdie Gland13,5 km41 km2regsdie Allan59,6 km1120 km2regsdie Cusancin12,6 km356 km2linksdie Clauge35.4 km116 km2linksdie Loue122,2 km 1760 km2linksdie Orain39 km 200 km2linksdie Sablonne27,3 kmregsdie Guyotte41,1 km160 km2links
Kategorie:Riviere in Frankryk Kategorie:Riviere in Switserland