Die gladde klipkabeljou (Dermatolepis striolata) is 'n vis wat voorkom in die westelike Indiese Oseaan, vanaf Oman suidwaarts tot by sentraal KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Smooth rockcod.
Identifikasie Die vis word tot 85 cm lank. Die vis het 'n diep lyf en die kop se profiel is konkaaf. Die lyf is rooi-bruin met verskeie wit vlekke wat onreëlmatig op die lyf voorkom. Daar is ook donker kolletjies oor die hele lyf. Die onvolwasse visse is bedek met klein, bruin-swart kolletjies, party kolletjies vorm kort strepies.
Die vis leef in koraal- en rotsriwwe in water wat 5 tot 70 m diep is. Die vis is skaam en skuil gewoonlik naby skeure of grotte. Hulle is gewoonlik alleenlopers en kan soms in klein groepies saamleef. Hulle vreet hoofsaaklik vis.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/6458
Kategorie:Beenvisse