Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Suidoos-Asië. Vir die taal, sien Soendanees.
duimnael|links|Jaipongan Mojang Priangan, 'n tradisionele Soendanese dansopvoering. duimnael|links|'n Soendanese bruilof in 'n moskee op Java. Die Soendanese (L.W. moenie verwar met Soedannees nie) is 'n etniese groep inheems aan die Indonesiese eiland Java. Met sowat 40 miljoen mense (soos in 2010) vorm hulle die tweede grootste etniese groep in Indonesië na die Javane. Die Soendanese is oorwegend Moslems. In hul eie taal Soendanees staan die groep bekend as Urang Sunda, en Orang Sunda of Suku Sunda in die nasionale taal Indonesies.
Die Soendanese is tradisioneel gekonsentreer in die provinsies van Wes-Java, Banten, Djakarta, en die westelike deel van Sentraal-Java. Soendanese migrante kan ook gevind word in Lampung en Suid-Sumatra. Die provinsies van Sentraal- en Oos-Java is die tuiste van die Javane, Indonesië se grootste etniese groep.
Die Soendanese kultuur het 'n aantal ooreenkomste met die Javaanse kultuur, maar dit verskil deur meer Islamitiese invloede, met minder Hindoe-Boeddhistiese elemente en het 'n minder rigiede stelsel van sosiale hiërargie. Hefner (1997)
Die gemeenskaplike identiteit wat Soendanese saambind is hul taal en kultuur.
Verwysings
Verdere leeswerk Hefner, Robert (1997), Java's Five Regional Cultures. geneem uit
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Indonesië