Jennifer Joanna Aniston (gebore 11 Februarie 1969) is ’n Amerikaanse aktrise, vervaardiger en sakevrou. Sy is die dogter van die akteur John Aniston en aktrise Nancy Dow.
Vroeë lewe Aniston is in Sherman Oaks in Los Angeles, Kalifornië, gebore as die dogter van twee akteurs. Haar pa, John, is Grieks en ’n boorling van Kreta, en haar ma, Nancy Dow, is in New York-stad gebore. Aniston het twee halfbroers.
As kind het Aniston vir ’n rukkie saam met haar ouers in Griekeland gewoon. Hulle het daarna na Pennsilvanië verhuis en later na New York. Haar ouers is geskei toe sy nege jaar oud was. Haar pa is veral bekend vir sy rol as Victor Kiriakis in die sepie Days of Our Lives, wat hy in 1985 geskep het.
Loopbaan Aniston het internasionaal bekend geraak danksy haar rol as Rachel Green in die gewilde TV-sitkom Friends (1994–2004), waarvoor sy ’n Emmy, Golden Globe en Screen Actors Guild Award gewen het. Die karakter was baie gewild en is erken as een van die 100 beste vrouekarakters op Amerikaanse TV.
Aniston het die vroulike hoofrol in verskeie komedie- en romantiese komedieprente vertolk. Treffers waarin sy te sien was, sluit in Bruce Almighty (2003), The Break-Up (2006), Marley & Me (2008), Just Go with It (2011), Horrible Bosses (2011) en We're the Millers (2013). Elkeen van hulle het wêreldwyd meer as $200 miljoen laat inrol. Sy het die beste resensies gekry vir haar spel in The Good Girl (2002) en Cake (2014). Vir laasgenoemde is sy benoem vir ’n Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste aktrise. Ander prente sluit in Along Came Polly (2004) en He's Just Not That Into You (2009). In 2008 was sy ’n medestigter van die vervaardigingsmaatskappy Echo Films.
Aniston het in 2012 ’n ster gekry op die Hollywood Walk of Fame. Sy is een van die bes betaalde aktrises in Hollywood en in 2014 is haar fortuin op $150 miljoen geraam. Sy is ook al ’n paar keer aangewys as een van die wêreld se mooiste vroue.
Haar persoonlike lewe wek ook wyd belangstelling. Sy is in 2005 geskei van Brad Pitt, met wie sy vyf jaar getroud was. Sy is in 2015 getroud met die akteur Justin Theroux.
Filmografie Prys Gewen BenoemGolden Globe13Emmy16Screen Actors Guild110 duimnael|180px|Aniston in 2009 by die première van He's Just Not That Into You.
Leprechaun (1993) She's the One (1996) Picture Perfect (1997) The Object of My Affection (1998) Office Space (1999) The Iron Giant (1999) Rock Star (2001) The Good Girl (2002) Bruce Almighty (2003) Along Came Polly (2004) Derailed (2005) Rumor Has It... (2005) The Break-Up (2006) Marley & Me (2008) He's Just Not That into You (2009) The Bounty Hunter (2010) The Switch (2010) Just Go with It (2011) Horrible Bosses (2011) Wanderlust (2012) We're the Millers (2013) Life of Crime (2014) Horrible Bosses 2 (2014) Cake (2015) She's Funny That Way (2015) Mother's Day (2016) The Yellow Birds (2016)
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Geboortes in 1969 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu