Michael Keaton (gebore as Michael John Douglas, 5 September 1951) is ’n Amerikaanse akteur. Hy het beroemd geraak danksy komedierolle en later vir sy vertolking van Batman in Batman en Batman Returns.

Vroeë lewe Keaton was die jongste van sewe kinders en is in Robinson Township in Pennsilvanië gebore. Sy pa, George A. Douglas, was ’n siviele ingenieur en sy ma, Leona Elizabeth Loftus, ’n huisvrou.A Leading Man Without Pause . The Record (Bergen County, NJ) Sy ma was Iers en sy pa van Engelse, Skotse en Duitse afkoms.

Loopbaan Keaton het bekendheid verwerf vir sy rolle in komedies soos Night Shift (1982), Mr. Mom (1983), Johnny Dangerously (1984) en Beetlejuice (1988). Hy het ook lof gekry vir sy spel as Batman/Bruce Wayne in Batman (1989) en Batman Returns (1992). Sedertdien het hy in ’n verskeidenheid prente verskyn wat wissel van dramas en romantiese komedies tot rillers en aksieflieks soos Clean and Sober (1988), The Dream Team (1989), Pacific Heights (1990), Much Ado About Nothing (1993), My Life (1993), The Paper (1994), Multiplicity (1996), Jackie Brown (1997), The Other Guys (2010), Need for Speed (2014) en RoboCop (2014). Hy was ook die stem van karakters in prente soos Cars (2006), Toy Story 3 (2010) en Minions (2015).

Vir sy spel in Birdman (2014) het hy groot lof ingepalm, asook ’n Golden Globe vir beste akteur in ’n musiekprent of komedie, die Critics' Choice Award vir beste akteur en hy is benoem vir ’n Screen Actors Guild Award, British Academy Film Award en Oscar in dieselfde kategorie. Hy het voorheen ’n Golden Globe-benoeming gekry vir Live from Baghdad (2002) en ’n Screen Actors Guild Award-benoeming vir The Company (2007). Hy het ’n prys vir sy lewenslange bydrae gekry op die Hollywood- en die Zürich-rolprentfees.

Op 18 Januarie 2016 is hy aangewys as ’n offisier van die Orde van Kuns en Lettere in Frankryk.

Filmografie 280px|duimnael|Benjamin Kanes en Michael Keaton repeteer vir ’n aksietoneel in Birdman.

Jaar Titel Rol Notas 1978 Rabbit Test Matroos 1978 A Different Approach Rolprentvervaardiger Kortfliek 1982 Night Shift Bill Blazejowski 1983 Mr. Mom Jack Butler 1984 Johnny Dangerously Johnny Kelly / Johnny Dangerously 1986 Gung Ho Hunt Stevenson 1986 Touch and Go Robert "Bobby" Barbato 1987 The Squeeze Harold "Harry" Berg 1988 She's Having a Baby Homself In ’n kameerol 1988 Beetlejuice Betelgeuse 1988 Clean and Sober Daryl Poynter 1989 The Dream Team William "Billy" Caufield 1989 Batman Bruce Wayne / Batman 1990 Pacific Heights Carter Hayes 1991 One Good Cop Arthur "Artie" Lewis 1992 Batman Returns Bruce Wayne / Batman 1993 Much Ado About Nothing Dogberry 1993 My Life Robert "Bob" Jones 1994 The Paper Henry Hackett 1994 Speechless Kevin Vallick 1996 Multiplicity Douglas "Doug" Kinney/"Two"/"Three"/"Four" 1997 Inventing the Abbotts Versteller / Ouer Doug Geen erkenning 1997 Jackie Brown Raymond "Ray" Nicolette 1998 Desperate Measures Peter J. McCabe 1998 Out of Sight Raymond "Ray" Nicolette 1998 Jack Frost Jack Frost 2000 A Shot at Glory Peter Cameron 2003 Porco Rosso Porco Rosso (stem) Engelse oorklanking 2003 Quicksand Martin Raikes 2004 First Daughter President Mackenzie 2005 White Noise Jonathan Rivers 2005 Game 6 Nicholas "Nicky" Rogan 2005 Herbie: Fully Loaded Raymond "Ray" Peyton sr. 2006 Cars Chick Hicks (stem) 2006 The Last Time Ted "Theodore" Ook uitvoerende vervaardiger 2009 The Merry Gentleman Franklin "Frank" Logan Ook regisseur 2009 Post Grad Walter Malby 2010 Toy Story 3 Ken (pop) (stem) 2010 The Other Guys Kaptein Gene Mauch 2011 Hawaiian Vacation Ken (stem) Kortfliek 2012 Noah's Ark: The New Beginning Noah (stem) 2013 Penthouse North Hollander Ook uitvoerende vervaardiger 2014 RoboCop Raymond Sellars 2014 Need for Speed Monarch 2014 Birdman Riggan Thomson / Birdman 2015 Minions Walter Nelson (stem) 2015 Spotlight Walter V. Robinson 2016 The Founder Ray Kroc In naproduksie

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu