Die kleefanemoon (Cryptodendrum adhaesivum) is 'n anemoon en kom in die Indiese-Pasifiese area, Rooisee en die ooskus van Afrika tot by die noorde van KwaZulu-Natal voor. In Engels staan die anemoon bekend as die Adhesive anemone.

Identifikasie Die anemoon het 'n omtrek van 300 mm by sy basis. Hierdie anemoon is plat met groen of bruinerige tentakels. Die tentakels se kleure kan ook in verskeie kombinasies voorkom. Die tentakels is kort, slegs 5mm lank en is uiters klewerig.

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Kategorie:Seeanemone