Die Gereformeerde kerk Matlabas is die naasoudste gemeente in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Krokodilrivier. Einde 2015, toe hier 82 belydende en 17 dooplidmate was, was dit die kleinste van die sewe gemeentes in dié Klassis en die enigste met ’n sieletal van minder as 100. Die belydende lidmate het in 2001 69 getel en die dooplidmate 13, maar in 1960 onderskeidelik 226 en 147.
Oorsig duimnael|links|200px|Die kerk in 2016.
duimnael|links|300px|Die preekstoel en Nagmaalstafel van die Gereformeerde kerk Matlabas.
duimnael|regs|320px|Die Gereformeerde kerk Matlabas.
regs|duimnael|250px|Ds. en mev. Zacharias Christiaan Grobler. Hy het Matlabas as afgetredene van 1994 tot 2002 bedien. Hy is reeds in 1949 in sy eerste gemeente, Parys, ontvang.
Lidmate in die omgewing van Matlabas het eers ’n wyk gevorm van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier, wat op 20 Oktober 1911 van sowel die Gereformeerde kerk Rustenburg as die Gereformeerde kerk Pretoria afgestig het. Hierdie wyk was geweldig uitgestrek en is bedien deur oudl. Hercules Erasmus en diaken M.C. Erasmus. Veral Hercules Erasmus het hom beywer vir die afstigting van dié wyk as selfstandige gemeente.
Onder ’n groot tambotieboom op die plaas Geelhoutbos, wat aan laasgenoemde Erasmus behoort het, is die gemeente toe op 8 Junie 1918 gestig, skaars sewe jaar ná Krokodilrivier. Reeds op 29 September daardie jaar het die jong gemeente besluit om ’n kerkgebou op Groenrivier op te rig. Bouwerk aan die huidige kerkgebou het in 1932 begin, maar die bron vermeld nie of ’n vorige kerkgebou wel opgerig is nie.
Die 10 morg grond waarop die kerk staan, is deur Piet Erasmus geskenk. Die gebou is ontwerp deur die Gereformeerde argitek Pieter Dykstra en een van die bouers was Lampen van Rustenburg. Die gemeente het hierdie langwerpige gebou met sy stomp toring op 9 Julie 1932 in gebruik geneem. Die gemeente Krokodilrivier het die preekstoel geskenk en dis per ossewa hierheen gebring.
Aanloop tot stigting duimnael|links|320px|Die kerk met Nagmaal in die vyftigerjare. Ds. G.P. Scheepers, Matlabas se leraar van 1952 tot 1960, skryf in die Eeufeesgedenkboek''' van die Klassis Waterberg (1859–1959): "In die bosveld van Noordwes-Transvaal kry die reisiger 'n monumentale landmerk te sien wat getuig van pionierswerk in die geskiedenis van 'n gemeente op die grense van ons land. Waar die grootpad vanaf Warmbad oor Rooiberg na die noordelike grens van Transvaal, die voet van die indrukwekkende Kransberge verbysteek, is 'n wit, vierkantige kerktoring sigbaar bokant die bosbegroeide vlaktes. Dit is die toring van die kerkgebou van die Gereformeerde Kerk Matlabas."
Die naam is ontleen aan die Matlabasrivier en beteken: "Moeder van die sand." Die rivier ontspring in die diep klowe van die Kransberge en vloei noordwaarts tot in die Krokodilrivier, sowat 130 km verder. Oorspronklik was hierdie gebied 'n wyk van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier, met Soutpansdrif as sentrum, naby Brits. Daarheen moes die lidmate elke drie maande ry om te deel in die bediening van Woord en Sakramente. Gesinne het telkens dié togte in groepe met hul tentwaens na Soutpansdrif onderneem en op die kerkplein gaan uitkamp het. So 'n reis het maklik twee weke uit-en-tuis geduur.
Die ontsaglike groot wyk is bearbei deur oudl. Ph. Erasmus en diaken M.C. Erasmus. Dit was 'n veeleisende taak en oudl. Hercules Erasmus het hom daarvoor beywer dat sy wyk 'n selfstandige gemeente sou word. Eindelik was die tyd daarvoor ryp en is die versoek om af te stig namens die lidmate van die wyk Matlabas voor die kerkraad van Krokodilrivier gelê. Die toestemming is verkry en die Algemene Vergadering het sy goedkeuring daaraan geheg. 'n Kommissie is benoem om die stigting van die nuwe gemeente te voltrek: ds. J.A. du Plessis namens die Algemene Vergadering, oudl. J.A. du Plessis (Rooi Jan) en diaken A.P. Meyer namens Krokodilrivier, oudll. F.A. Smit en J.A. du Plessis (Dik Jan) namens Rustenburg en oudl. S.W. Roos namens Pretoria.
Stigting en eerste beroep Die stigting het plaasgevind op 8 Junie 1918 op Geelhoutbos onder 'n groot tambotieboom op die werf van Hercules Erasmus. Dié boom troon nog ongeskonde oor sy omgewing, maar 'n hopie stene is al wat van die woonhuis oorgebly het. Op die vergadering van die deputate saam met die wyk se ouderling en diaken is 'n lidmaatregister en doopregister gegee aan die nuwe gemeente as 'n geskenk van die gemeente Krokodilrivier.
Die nuwe gemeente is verdeel in drie wyke. Wyk 1 het gestrek vanaf die sameloop van die Apies- en Krokodilrivier tot op die plaas Waterval (bekend as Buffelshoek). Tjaart Kruger en Andries Venter word respektiewelik tot ouderling en diaken van dié wyk gekies. Wyk 2 het gestrek vanaf Waterval tot by Groenrivier. Vir dié wyk is J.H. Grobler gekies as ouderling en W.A. du Pl. Erasmus as diaken. Wyk 3 het gestrek van Groenrivier noordwaarts tot aan die Krokodilrivier. Vir dié wyk is P.B.E. Erasmus as ouderling gekies en J.A. du Pl. Heystek as diaken. Laasgenoemde is ook gekies as kassier en W.A. du Pl. Erasmus as scriba, in watter hoedanigheid hy gedien het tot 26 Augustus 1933. Ds. Scheepers in 1959: "Die notules in sy handskrif is 'n lus om te lees. Die numering van die artikels is in Romeinse syfers."
Die nuutgestigte gemeente het met dieselfde geleentheid die uitnodiging aanvaar om in kombinasie te tree met Krokodilrivier en saam 'n leraar te beroep tot wie se traktement Matlabas £60 sou bydra. Daar is oorgegaan tot beroep. 'n Meerderheid van stemme is uitgebring op ds. Derk Rumpff, leraar van Venterstad. Krokodilrivier het 'n meerderheid van 55 stemme op prop. E.L.J. Venter uitgebring, en gevolglik is laasgenoemde beroep as leraar van die kombinasie. Prop. Venter het die beroep aanvaar en is te Krokodilrivier bevestig, waar hy ook sou woon.
Eerste kerkie duimnael|regs|270px|Ds. Izak van der Walt se bevestiging op 8 Julie 1932. Ds. Jan Boneschans staan links en ds. Pieter Snyman in die middel met die das en bril.
Tydens die volgende geleentheid vir die bediening van Woord en Sakramente, naamlik 29 September 1918, is besluit om 'n kerkgeboutjie op te rig te Groenrivier op twee morge grond wat oudl. P.B.E. Erasmus geskenk het. Hierdie kerkie, waarvoor die Geref. gemeente Rustenburg £30 bygedra het en Krokodilrivier £15, is gebou onder toesig van Hendrik Botha, ’n lidmaat.
Die Nagmaalsgeleentheid op die tweede Sondag in April 1919 (die 13de) is gehou te Rooiberg. Dit het aanleiding gegee tot korrespondensie tussen die gemeentes Matlabas en Waterberg oor die grenslyn tussen die twee gemeentes. Oudl. J.H. Grobler is afgevaardig om persoonlik met die kerkraad van Waterberg te onderhandel. Op 9 Junie 1920 kon hy rapporteer dat 'n ooreenkoms met Waterberg bereik is. 'n Gebied wat die myne te Rooiberg ingesluit het, is aan Waterberg afgestaan en die gebied noordoos van die Matlabasrivier is aan Matlabas afgestaan. Later het Matlabas weer 'n deel hiervan afgestaan aan die gemeente Magol, wat in 1942 van Waterberg afgestig is.
Die grenslyn is in 1920 as volg vasgestel: Leeupoortmyn, Sandrivierspoort 2399, Bosfontein en Groothoek en Buffelspoort 227. Vandaar met 'n reguit lyn oor Malmaniesrivier tot by Grootfontein 239 en vandaar met 'n reguit lyn tot by Witkoppies 658 aan die Krokodilrivier. Die gemeente Matlabas het gestrek oor 'n baie groot gebied met 'n deursnee van 240 km van suid na noord. Vir die drie ouderlinge en die drie diakens was dit 'n veeleisende taak om hulle wyke elke kwartaal deur te ry. Tog het hulle dit gedoen met die stadige vervoermiddels tot hulle beskikking. Daarby was hulle verantwoordelik vir die vervoer van die leraar vanaf Rooiberg en weer terug tot daar met elke kerkgeleentheid.
Eerste leraar duimnael|links|230px|Ds. I.J. van der Walt (links) in 1931 (die jaar voor hy na Matlabas gekom het) saam met sy medestudente in hul vierde jaar aan die Teologiese Skool op Potchefstroom: A.L. Aucamp, L.S. van der Walt en J. Schutte.
Ds. E.L.J. Venter het 'n beroep na Aliwal-Noord aangeneem en vanaf 11 April 1920 is Matlabas bedien deur ds. J.P. van der Walt van Waterberg, wat diens gedoen het as konsulent van Matlabas tot 23 Desember 1921. Verder het die volgende leraars Matlabas as konsulente bedien: ds. H.Ph.J. Pasch, ds. D. Rumpff, ds. A. Duvenage, ds. D.N. Kotzé en ds. J.H. Boneschans.
Die datum 8 Julie 1932 was 'n belangrike dag in die geskiedenis van Matlabas. Afskeid is geneem van ds. Boneschans as konsulent en die gemeente ontvang sy eerste vaste leraar wat in die gemeente gewoon het, in die persoon van proponent I.J. van der Walt. 'n Nuwe tydperk van intensiewer bearbeiding het aangebreek en jare lank het ds. Van der Walt met die grootste toewyding Woord en Sakramente bedien en huisbesoek gedoen in uitgestrekte wyke oor slingerende sand- en modderpaaie deur die wye boswêreld waar nog geen gemaakte paaie bekend was nie.
Nuwe kerk duimnael|regs|320px|Die nuwe kerk is op 9 Julie 1932 in gebruik geneem.
Saam met die bevestiging van ds. Van der Walt het ook plaasgevind die hoeksteenlegging van die nuwe kerkgebou. Dit is die huidige kerkgebou wat net so stewig en massief voorkom as die ruwe Kransberge wat in die agtergrond breed omhoog toring. Die argitek was die Gereformeerde lidmaat Pieter Dykstra en die bouaannemer ene Lampen van Rustenburg. Die arbeid aan die kerkgebou is verrig deur ene br. Timmerman van Rustenburg en br. J.C. Theunissen, wat in 1959 nog in die gemeente Matlabas gewoon en jare lank gedien het as diaken.
Om die skuldelas van die gemeente af te betaal en die erediens in stand te hou, het die kerkraad besluit dat lidmate ’n twintigste (1/20) van hulle hoofinkomste moet bydra. Dit is voorgestel deur oudl. J.D. Venter op Vrydag 13 Desember 1940. Tydens ’n vergadering van die kerkraad saam met die gemeente stem 'n groot meerderheid van die lidmate ten gunste hiervan. Die reëling is van toe af tot minstens in die GKSA se eeufeesjaar (1959) in Matlabas onderhou.
Ds. P.J. Venter se dienstyd duimnael|links|270px|Ds. P.J. Venter, sy vrou, wat hom ontval het voor 1959, en hul dogtertjie, Anna. Ds. Van der Walt het 'n beroep aangeneem na Louis Trichardt en die losmaking het op 14 Desember 1941 plaasgevind. Ds. P.G.W. Snyman het as konsulent waargeneem en op 4 April 1942 is prop. P.J. Venter beroep as herder en leraar van Matlabas. Hy het per brief ("in 'n gedrae styl", volgens ds. Scheepers), gedateer 16 April 1942 geantwoord dat hy die beroep aanvaar en daarin ook die gedagte uitgespreek dat mettertyd 'n pastorie op Thabazimbi gebou behoort te word ter wille van die toenemende getal lidmate op dié myndorp, waar 'n vername deel van die arbeid van die leraar sou wees.
Die bevestiging vind het plaasgevind op Saterdag 11 Julie 1942. Aan die handoplegging het deelgeneem di. D.N. Kotzé (van Rustenburg), P.G.W. Snyman (van Krokodilrivier) en B.R. Krüger (Sprinfs). Op die kerkraadsvergadering van 9 Oktober 1942 is op versoek van oudl. J.L. Aucamp besluit om drie keer per jaar Nagmaal te hou op Thabazimbi. So is die lidmate daar in staat gestel om die bediening van Woord en Sakramente meer gereeld te bekom.