duimnael|links|Die Champagne Castle-bergreeks vanaf die suide.

Champagne Castle is 'n bergpiek in die Sentrale Drakensberge in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Dit is die tweede hoogste bergpiek in Suid-Afrika. Om dit lê ander pieke, waaronder Cathkinpiek (3 149 m), Sterkhorn (voorheen bekend as Mount Memory), Monk's Cowl en Dragon's Back.

Volgens oorlewering het twee onverskrokke bergklimmers, David Gray en majoor Grantham, die piek direk aan die voorkant van Cathkin af uitgeklim. Toe hulle hul oorwinning wou vier, val die bottel sjampanje op 'n rots stukkend en is die berg terstond Champagne Castle gedoop.

Cathkinpiek het sy naam aan 'n immigrant van Lanarkshire, Stephan Snyman, te danke. Snyman het die piek na 'n koppie in Glasgow, genaamd Cathkin Braes, genoem.

Die Champagne Castle-hotel bied 'n praguitsig oor die bergpiek. Op die perseel is rondawels wat in 1941 deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is. Staproetes kan 'n entjie verder in die pad af, by Monk's Cowl, aangedurf word.

Sien ook Lys van bergpieke in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Berge van Suid-Afrika Kategorie:Drakensberge Kategorie:KwaZulu-Natal