duimnael|links|230px|Die Gereformeerde kerk Swartruggens. Ds. B.J. de Klerk het die hoeksteen op 8 April 1933 gelê.
duimnael|regs|160px|Ds. David Nicolaas Gerhardus Kotzé, die leraar van 1946 tot 1951.
duimnael|regs|160px|Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1953 tot 1958.
duimnael|regs|160px|Ds. A.J.R. Vermeulen, leraar van 1957 tot 1964.
Die Gereformeerde kerk Swartruggens is die vyfde oudste van die 22 gemeentes in die GKSA se Klassis Molopo. Die middelpunt van die gemeente is die dorp Swartruggens in die provinsie Noordwes. Einde 2015 was hier 69 belydende en 11 dooplidmate.
Geskiedenis In 1908 het die Gereformeerde kerk Rustenburg twee wyke aan Zeerust afgestaan met dien verstande dat hulle ’n eie kerkplek inrig. Roelof Petrus Scheepers het ’n deeltjie van sy plaas, Brakfontein, aan die gemeente geskenk vir die oprigting van die kerkgebou. Hierdie saal is in 1910 deur oudl. Du Toit opgerig. Dit sou vir die daaropvolgende 23 jaar gebruik word.
Midde-in die Rebellie van 1914 het die wyk Brakfontein van Zeerust afgestig en in 1917 het die lidmate self ’n nuwe kerk gebou. Sand is aangery en met hamers is klippe fyngekap vir die betonwerk. Ds. B.J. de Klerk, die leraar van 1917 tot 1940, het met die bouwerk gehelp. In September 1933 is dié gebou, ontwerp deur die Gereformeerde argitek Pieter Dykstra, met sy vier sierlike Kaaps-Hollandse gewels in gebruik geneem. Die kerktoring is 31 jaar later verander.
Predikante De Klerk, Barend Johannes, 1917 – 1940 (in kombinasie) Venter, Jurie Johannes Stefanus, 1941 – 1943 Kotzé, David Nicolaas Gerhardus, 1946 – 1951 Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1953 – 1956 Vermeulen, Andries Johannes Roos, 1957 – 1964 Myburg, Andries, 1964 – 1967 Kruger, dr. Mechiel Andries, 1968 – 1971 Venter, Willem, 1972 – 1976 Cloete, Jacobus Johannes, 1977 – 1981 De Klerk, dr. Theunis Christiaan, 1982 – 1985 Van der Merwe, Willem Petrus, 1985 – 2001
Die kerkgebou
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Swartruggens
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Noordwes