Idrissa Akuna "Idris" Elba, OBE, is ’n Britse akteur, musikant en DJ.Lisa Respers France, "Idris Elba 'too street' to play James Bond, writer says", CNN, 2 September 2015. Hy is veral bekend vir sy rolle as die dwelmbaas en sakeman Russell "Stringer" Bell in die reeks The Wire, speurder John Luther in die reeks Luther en Nelson Mandela in die 2013-biografieprent Mandela: Long Walk to Freedom.
Hy is al vyf keer vir ’n Golden Globe benoem vir beste akteur in ’n minireeks of TV-prent, en het een keer gewen. Hy is ook al vier keer vir ’n Emmy benoem.
Elba was in rolprente soos American Gangster (2007), Takers (2010), Thor (2011), Prometheus (2012) en Beasts of No Nation (2015). Benewens akteur is hy ook ’n platejoggie (DJ) onder die naam Big Driis en ’n hip-hop-soulmusikant.
Vroeë lewe Elba is in Newham, Londen, gebore."Idrissa Akuna Elba" by Family Search. Sy pa, Winston, was van Sierra Leone en het by die Ford-motormaatskappy gewerk. Sy ma, Eve, was van Ghana en ’n klerk. Sy ouers is in Sierra Leone getroud en het daarna na Londen verhuis. Elba het in East Ham grootgeword en sy naam op skool verkort van Idrissa na Idris. Hy het daar begin toneelspeel. In 1986 het hy sy oom gehelp in sy werk as platejoggie vir troues, en binne ’n jaar het hy sy eie DJ-maatskappy saam met vriende gestig.
Sy eerste rolle was in Crimewatch-moordrekonstruksies. Op 19 het hy in nagklubs gewerk onder die naam DJ Big Driis, maar in sy vroeë 20's het hy oudisies begin aflê vir TV-rolle.
Toneelloopbaan Televisie Elba het in 1995 sy eerste groot rol gekry in die reeks Bramwell, ’n mediese drama wat in die Engeland van die 1890's afspeel. In een episode het hy die hoofrol gespeel. Sy eerste rol waarvoor hy erkenning gekry het, het in 1995 gevolg: ’n byspelerrol as ’n gigolo in die episode "Sex" van Absolutely Fabulous. Baie byspelerrolle op Britse TV het gevolg. Hy het by die sepie Family Affairs aangesluit, en in die TV-reeks Ultraviolet en later in Dangerfield verskyn. Hy het kort daarna na New York-stad in die VSA verhuis en het nou en dan na Brittanje teruggekeer vir ’n rol.
In 2002 het Elba ’n hoofrol in die drama The Wire gekry. Van dié jaar tot in 2004 was hy Russell "Stringer" Bell in die reeks – moontlik sy bekendste rol in Amerika. In 2005 was hy in die rolprent Sometimes in April, oor die volksmoord in Rwanda. Hy het in 2007 in die spesiale program Black Men: The Truth verskyn.
In September 2009 het Elba ’n ooreenkoms geteken om in die BBC-televisiereeks Luther te speel; dit het in Mei 2010 begin wys. Op die 69ste Golden Globe-toekenningsaand in Januarie 2012 het Elba die prys gewen vir beste akteur in ’n reeks, minireeks of TV-rolprent vir sy toneelspel in dié reeks.
Rolprente duimnael|links|Elba (middel in die agterste ry) saam met die ander spelers van RocknRolla op die Toronto-rolprentfees van 2008. In 2007 het Elba die hoofrol gekry in die rolprent Tyler Perry's Daddy's Little Girls. Hy was ook in 28 Weeks Later en This Christmas (albei 2007), waarvan laasgenoemde geldelik uitstekend gevaar het. In 2008 het hy in die rilprent Prom Night en in RocknRolla gespeel. In 2009 was hy in nog twee rilprente, The Unborn en Obsessed.
Hierna het Legacy, The Losers en Takers in 2010 gevolg. In 2011 was hy Heimdall in Kenneth Branagh se prent Thor (gebaseer op die Marvel Comics-superheld met dieselfde naam).
In Februarie 2012 het Elba bevestig dat hy Nelson Mandela sou uitbeeld in die prent Mandela: Long Walk to Freedom, wat gebaseer is op Mandela se boek, Long Walk to Freedom. As deel van sy voorbereiding vir sy rol het hy ’n nag alleen in ’n sel op Robbeneiland deurgebring. Vir sy spel is hy benoem vir ’n Golden Globe vir beste akteur in ’n dramaprent.
In 2015 was Elba weer Heimdall, dié keer in die prent Avengers: Age of Ultron. Vir sy rol in Beasts of No Nation is hy in dieselfde jaar benoem vir ’n Golden Globe en Bafta vir beste manlike byspeler. Sy volgende projekte is die stemwerk vir die tier Shere Khan in The Jungle Book, waaraan ook Bill Murray, Scarlett Johansson, Ben Kingsley, Christopher Walken en Lupita Nyong'o sal werk, en ’n opvolg van Finding Nemo.
Musiekloopbaan duimnael|180px|Elba as DJ. Elba het in musiekvideo's verskyn van Fat Joe (2002), Angie Stone (2004) en die rapper Giggs (2010). In 2006 het hy die EP Big Man met vier liedjies uitgereik. Hy was medevervaardiger van Jay-Z se 2007-album American Gangster en het in die inleiding opgetree. Hy het ook al op belangrike geleenthede as DJ opgetree.
Hy het in 2009 die uitreiking van sy eerste enkelspeler, "Please Be True", aangekondig en in die uitgawe van Augustus 2009 van die tydskrif Essence het hy aangekondig die naam van sy daaropvolgende EP met ses liedjies is Kings Among Kings. Hy het sy EP High Class Problems Vol. 1 in Februarie 2010 in Brittanje uitgereik en baie pryse daarvoor ingepalm.
Sedertdien het hy verskeie video's vervaardig, soos vir Mumford and Sons (2012)MTV en K. Michelle (2014). Hy het ook opgetree in Mr Hudson se enkelspeler "Step Into the Shadows". Mr Hudson het weer sy album Idris Elba Presents mi Mandela vervaardig; dit is in November 2014 uitgereik."Idris Elba Presents Mi Mandela"Andy Gill, "Idris Elba Presents mi Mandela, album review: A marvellous alliance of ancient and modern styles", The Independent, 21 November 2014.
In November 2015 het Elba in Berlyn, Duitsland, die voorvertoning gedoen vir Madonna se Rebel Heart-toer.
Persoonlike lewe Elba en sy eksvrou, Kim, het ’n dogter, Isan, wat in 2002 gebore is. In 2014 het sy vriendin, Naiyana Garth, die lewe geskenk aan hul seun, Winston.
Pryse Elba is in Mei 2007 aangewys as een van die tydskrif People se 100 aantreklikste mense in die wêreld. In 2013 is hy gekies as die tydskrif Essence se sexyste man van die jaar. Op People se lys van aantreklikste mans in die wêreld vir 2013 was hy nommer twee.
In Oktober 2014 het hy ’n Mobo-inspirasieprys gewen en in 2015 is hy aangewys as een van die tydskrif GQ se 50 bes geklede Britse mans.
Elba is in 2016 aangewys as Offisier van die Orde van die Britse Ryk (OBE) vir sy bydrae tot drama.
Filmografie Rolprente Jaar Titel RolNotas 1999 Belle maman Grégoire 2000 Sorted Jam 2001 Buffalo Soldiers Kimborough 2003 One Love Aaron 2005 The Gospel Charles Frank 2005 Sometimes in April Augustin 2007 Daddy's Little Girls Monty James 2007 The Reaping Ben 2007 28 Weeks Later Generaal Stone 2007 American Gangster Tango 2007 This Christmas Quentin Whitfield 2008 Prom Night Speuder Winn 2008 RocknRolla Mumbles 2008 The Human Contract Larry 2009 The Unborn Arthur Wyndham 2009 Obsessed Derek Charles 2010 Takers Gordon Cozier 2010 Legacy Malcolm Gray Uitvoerende vervaardiger 2010 The Losers Roque 2011 Thor Heimdall 2012 Ghost Rider: Spirit of Vengeance Moreau 2012 Prometheus Kaptein Janek 2013 Pacific Rim Stacker Pentecost 2013 Thor: The Dark World Heimdall 2013 Mandela: Long Walk to Freedom Nelson Mandela 2014 No Good Deed Colin Evans Uitvoerende vervaardiger 2015 The Gunman DuPont 2015 Second Coming Mark 2015 Avengers: Age of Ultron Heimdall 2015 Beasts of No Nation Kommandant 2016 The Jungle Book Shere Khan (stem) Besig met verfilming 2016 Bastille Day TBA Naproduksie 2016 Finding Dory TBA (stem) Besig met verfilming 2016 Star Trek Beyond Krall Besig met verfilming 2016 Zootopia Chief Bogo (stem) Besig met verfilming
Televisie Jaar Titel RolNotas 1994 2point4 Children Valskerminstrukteur Episode: "Fortuosity" 1994 Space Precinct Pizza-afleweringsman Episode: "Double Duty" 1995 Absolutely Fabulous Hilton Episode: "Sex" 1996 Crocodile Shoes II Jo-Jo Episode: "Troubled Man" 1997 Family Affairs Tim Webster 1997 Silent Witness Charlie Episode: "Blood, Sweat & Tears" 1998 Ultraviolet Vaughan Rice 6 episodes 1999 Dangerfield Matt Gregory 12 episodes 2000 In Defence Paul Fraser 1 episode 2001 Law & Order Lonnie Liston Episode: "3 Dawg Night" 2002 The Inspector Lynley Mysteries Robert Gabriel Episode: "Payment in Blood" 2003 CSI: Miami Angelo Sedaris Episode: "The Best Defense" 2002–2004 The Wire Russell "Stringer" Bell 37 episodes 2005 Girlfriends Paul Episode: "All in a Panic" 2005 Sometimes in April Augustin Muganza 2008 The No. 1 Ladies' Detective Agency Charles Gotso Episode: "The No. 1 Ladies' Detective Agency" 2009 The OfficeCharles Miner 7 episodes 2010 The Big C Lenny 4 episodes 2010 Walk Like a Panther Uitvoerende vervaardiger 2011 Aqua Teen Hunger Force Polisie-offisier StemEpisode: "Intervention" 2010–2015 Luther John Luther Vervaardiger16 episodes 2011 How Hip Hop Changed the World Uitvoerende vervaardiger 2011 Demons Never Die Uitvoerende vervaardiger 2012 Idris Elba's How Clubbing Changed the World Homself Gasheer2013 Idris Elba: King of Speed Homself Gasheer2015 Idris Elba: No Limits Homself Gasheer
Pryse en benoemings Gewen 2010 The Losers BET-prys vir beste akteur 2011 Takers en Luther BET-prys vir beste akteur Luther NAACP Image Award vir uitmuntende akteur in ’n TV-fliek, minireeks of dramaprogram Golden Globe vir beste akteur in ’n minireeks of TV-prent 2012 Luther Black Reel Award vir beste akteur: TV-fliek/kabel 2014 Luther NAACP Image Award vir uitmuntende akteur in ’n TV-fliek, minireeks of dramaprogram 2015 Beasts of No Nation Washington D.C. Area Film Critics Association Award vir beste manlike byspeler
Benoem, uitslag uitstaande 2015 Beasts of No Nation Bafta vir beste manlike byspeler Independent Spirit Award vir beste manlike byspeler Screen Actors Guild Award vir uitmuntende spel deur ’n manlike byspeler Screen Actors Guild Award vir uitmuntende spel deur ’n groep in ’n rolprent Luther Critics' Choice Television Award vir beste akteur in ’n rolprent/minireeks Screen Actors Guild Award vir uitmuntende spel deur ’n akteur in ’n minireeks of TV-prent
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Britse akteurs Kategorie:Britse musici Kategorie:Geboortes in 1972 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Engelse manlike akteurs van die 21ste eeu