George Berkeley (Kilkenny, 12 Maart 1685 – Oxford, 14 Januarie 1753) was 'n Ierse filosoof van Engelse afkoms en 'n Anglikaanse biskop. Hy staan dus soms ook bekend as Biskop Berkeley. Hy word as die grondlegger van die spiritualistiese of subjektiewe idealisme beskou.
Berkeley het belangrike kritiek op die idee van infinitesimale in calculus gelewer, wat hy as die spoke van vergane hoeveelhede beskryf het. Destyds het daar onsekerheid geheers oor die presiese eienskappe van hierdie nietig-klein waardes, en konsepte soos grenswaardes (limiete) was nog net intuitief en informeel. Die wiskundiges van die era (Newton, Leibniz ens) het egter die onweerlegbare resultate van hul berekeninge voorgehou as bewys dat die grondbeginsels reg moet wees, en Berkeley het hierdie redeneringswyse gekritiseer. Sy kritiek, en die van mense na hom, het wiskundiges deur die eeue heen aangespoor om 'n formeler basis vir analise te skep, iets wat eers met Weierstrass se werk in die 19e eeu voldoende bereik is.
Eksterne skakels
Kategorie:Ierse wetenskaplikes Kategorie:Biskoppe Kategorie:Filosowe in die 18de eeu Kategorie:Geboortes in 1685 Kategorie:Sterftes in 1753