Die Gereformeerde kerk Griekwaland-Oos was ’n gemeente van die GKSA met wyke op die dorpe Matatiele en Kokstad.
Griekwaland-Oos is in 1958 gestig en het twee jaar later 30 belydende en 22 dooplidmate gehad. Hoewel ander gemeentes, soos Barkly-Oos, Elliot en Gereformeerde kerk Dordrecht, nader aan Matatiele en Kokstad is, het Griekwaland-Oos in kombinasie met Queenstown gestaan. Die gemeente het net vyf jaar lank bestaan en in 1963 ontbind.
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika