duimnael|280px|Links na regs: Jeremy McGrath, Greg Albertyn, Ken Faught en Steve Hatch, met die vlieënier agter.
Greg Albertyn (gebore 13 Oktober 1973 in Johannesburg) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse motocross-renjaer (motorfiets-veldrenjaer). Hy het al 12 keer die wêreld- en Amerikaanse motocross en -supercrosskampioenskappe gewen. Supercross is 'n hoogs tegniese weergawe van motocross wat op spesiaal opgerigte hindernisbane, byvoorbeeld in sportstadions, gejaag word.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Albertyn wen sy eerste wêreldtitel in 1992 in die 125cc-klas. Die daaropvolgende jaar skuif hy op na die 250cc-klas en wen met sy eerste poging. Hy het sy titel in 1994 suksesvol verdedig, wat aan hom 'n driekuns van wêreldtitels besorg het.Greg Albertyn se profiel op bestsports.com.br, besoek op 3 Januarie 2015
Hy is deur die Suid-Afrikaanse Gilde van Motorjoernaliste (SAGMJ) as die Motorsportman van die Jaar vir 1992 aangewys. Dit volg nadat hy, as Suid-Afrika se enigste wêreldkampioen op daai tydstip, nie vir die Sportman van die Jaar oorweeg is nie.Greg Albertyn kry oplaas sy verering, Beeld, 15 Mei 1993
Prestasies 1992: Wêreldkampioen 125cc 1993: Wêreldkampioen 250cc 1994: Wêreldkampioen 250cc 1999: Buitemuurse nasionale kampioen 250cc
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse sportlui Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense