Joseph Albrecht (1894–1977) was 'n Suid-Afrikaanse akteur, skrywer, vervaardiger en rolprentregisseur. Albrecht word soms die vader van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf genoem.Profiel op ESAT, besoek op 2 Januarie 2016 Hy debuteer in 1916 met A Zulu's Devotion en maak die eerste Afrikaanse rolprente, Sarie Marais (1931) en Moedertjie (1931).HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Sarie Marais en Moedertjie is die eerste Suid-Afrikaanse films met klank en is boonop in Afrikaans verfilm. Moedertjie is die eerste vollengte-rolprent met Afrikaanse dialoog, terwyl Sarie Marais slegs Afrikaanse musiek bevat, met Chris Blignaut en die Melodians wat op die klankbaan sing.

Albrecht is per geleentheid na 'n vertoning van Pierre de Wet se film, Pinkie se Erfenis (1946) in Germiston se stadsaal genooi. As Engelsman wat in Londen gebore is, kon hy skaars 'n woord Afrikaans verstaan. Die gehoor se reaksie het hom egter laat besef dat dit die moete werd is om geld in die Afrikaanse rolprent te belê. Pierre de Wet is daarna as die eerste beroepsvervaardiger van Afrikaanse rolprente aangestel.Pierre de Wet was 'n ware pionier, Beeld, 26 Julie 1990

Albrecht was op 'n stadium ontevrede omdat Afrikaanse karakters aandpakke in De Wet se rolprente gedra het, omrede "aren't all Afrikaners diggers?" De Wet was verontwaardig en het geantwoord: Is genl. Smuts 'n delwer? Is dr. Malan 'n delwer? Dra genl. Smuts en dr. Malan baarde en veldskoene? De Wet het daarna uit Die Afrikaanse Rolprentmaatskappy (aanvanklik die Killarney-ateljee) bedank.

Filmografie As akteur: The Madcap of the Veld, 1921 as Jack Dudley And Then ---, 1917

As Kinematograaf: The Piccanin's Christmas, 1917 A Border Scourge, 1917 De Voortrekkers, 1916 The Splendid Waster, 1916 A Story of the Rand, 1916

As skrywer: Geboortegrond (draaiboek), 1946 Bou van 'n Nasie (aangepas), 1938 Sarie Marais (Kort) (aangepas), 1931 Moedertjie (Kort) (aangepas), 1931 Isban: Or the Mystery of the Great Zimbabwe (draaiboek), 1920 Copper Mask, 1919 The Symbol of Sacrifice, 1918 The Piccanin's Christmas, 1917 A Border Scourge (aangepas), 1917

As regisseur: Bou van 'n Nasie, 1938 Sarie Marais (Kort), 1931 Moedertjie (Kort), 1931 The Reef of Stars, 1924 The Madcap of the Veld, 1921 The Man Who Was Afraid, 1920 Isban: Or the Mystery of the Great Zimbabwe, 1920 Copper Mask, 1919 The Stolen Favourite, 1919 The Voice of the Waters (Kort), 1918 A Border Scourge, 1917 A Zulu's Devotion, 1916

As vervaardiger: Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 Simon Beyers, 1947 Geboortegrond, 1946 The Reef of Stars, 1924 The Madcap of the Veld, 1921 The Man Who Was Afraid, 1920 Isban: Or the Mystery of the Great Zimbabwe, 1920 With Edged Tools, 1919 Copper Mask, 1919 The Stolen Favourite, 1919 The Piccanin's Christmas, 1917 A Border Scourge, 1917 And Then ---, 1917

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1894 Kategorie:Sterftes in 1977 Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers