duimnael|links|300px|Die kerkgebou, 2017.
Die Gereformeerde kerk Windhoek is die oudste van die drie Gereformeerde gemeentes in die Namibiese hoofstad, Windhoek.
Die Gereformeerde kerk Windhoek was met sy stigting in 1937 die sesde gemeente in die destydse Suidwes-Afrika. In die distrik Windhoek, naby aan die dorpie Dordabis, het van 1935 af ook nog die gemeente Bitterwater bestaan, maar hy het in 1964 ontbind nadat daar vyf jaar vantevore reeds net 14 belydende en 13 dooplidmate was. Windhoek is dus die vyfde oudste Gereformeerde gemeente wat nog bestaan. Ook in die NG Kerk is sy Windhoekse gemeente die vyfde oudste. Dis ook die geval in die Hervormde Kerk, hoewel die Hervormde gemeente Windhoek eers op 25 November 1950 gestig is, 21 jaar ná die plaaslike NG gemeente en 13 jaar ná die Gereformeerde.
Aanvanklik het die lidmate op Windhoek op verskeie plekke eredienste gehou, onder meer in huise en sale. In 1952 het die gemeente eindelik sy eie kerkgebou opgerig. Omdat dié hoekige gebou met sy plat dak se buitemure plek-plek enkelstene vertoon wat uitstaan en dit nie geverf was soos die mure nie, het die gebou die bynaam Rosyntjiebroodkerk gekry.
Op 10 September 1977 het die Gereformeerde kerk Windhoek sy nuwe, ruim kerkgebou in gebruik geneem. Dié gebou van bruin bakstene kyk oor die hoofstad uit en is geleë op die hoek van Luther- en Liliencronstraat, Eros. Die argitek was Tinus du Plessis en Michiel Prinsloo, destyds die oudste Angola-Afrikaner, het die deur oopgesluit. ’n "Skatkis" van marmer is in die voorportaal geplaas vir kerkbydraes. Eers is vir ’n spesiaal ontwerpte orrel voorsiening gemaak, maar omdat die boukoste te hoog was, moes die gemeente ’n kleiner orrel aankoop. Die laaste fase van die kerkgebou is op 2 November 2002 afgehandel toe die korbeelklip in plek gelê is.
Predikante Van der Merwe, dr. Daniël Charl Stephanus, 1950–1957 Van der Walt, dr. Jan Jacobus, 1957–1958 Jooste, Jacobus Andries, 1959–1962 Louw, Hermanus Albertus, 1962–1968 Yssel, Andries Gerhardus Christiaan, 1968–1988 (aanvaar sy emeritaat) De Villiers, Philippus Petrus, 1984–1989 Van der Westhuizen, Philippus Jacobus Wilhelmus Schutte, 1988 – 9 Januarie 2000 (oorlede in die amp) Reinecke, Hendrik, 1991–1999 Bingle, dr. Johannes Petrus, 2000–2010 Fanoy, dr. Pieter (Piet), 2010 – 2016 Venter, Henning Vorster, 24 Julie 2016 – hede
Galery
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd., 1973. Raper, P.E. 1987. Dictionary of South African Place Names. Johannesburg: Lowry Publishers. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook Gereformeerde Kerke in Namibië
Windhoek Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Windhoek