duimnael|250px|Verspreiding van Asiatiese Suid-Afrikaners in Suid-Afrika: duimnael|250px|Bevolkingsdigtheid van Asiatiese Suid-Afrikaners in Suid-Afrika: Asiatiese Suid-Afrikaners bevat die mense en volke van Asiatiese afkoms wat tans in Suid-Afrika woon. Dit verwys hoofsaaklik na Asiatiese Indiërs maar dit is moontlik dat die term ook na die groeiende Chinese bevolking of die klein Iranse gemeenskap van Suid-Afrika verwys.
Herkoms Kaapkolonie Die Nederlanders wat nedersettings in die Kaap van Goeie Hoop gestig het, het slawe van Indië (hoofsaaklik van die Bengale) bekom. Dit is welbekend dat die Nederlanders 'n goeie verhouding met die Moslem-regeerders van Indië gehad het. Baie lede van hierdie slaafbevolking is later as Kleurlinge en Kaapse Maleiers geklassifiseer. Dis ook moontlik dat party van die blanke Afrikaners ook van Bengaalse afkoms is – 'n destydse staatspresident van Suid-Afrika, Frederik Willem de Klerk, het selfs verklaar dat hy 'n Bengaalse voorouer met die naam Diana van Bengale gehad het.FW de Klerk Reveals Colourful Ancestry
Kontrakarbeiders en passasier-Indiërs Die meerderheid van die Suid-Afrikaanse Indiërbevolking bevat die afstammelinge van kontrakarbeiders wat deur die Britte gekontrakteer was om in die suikerrietplantasies van Natal te werk. Dié kontrakarbeiders het hoofsaaklik van die Suidelike state van Indië (bv. Madras) gekom.The South African Indian with Reference to the Tamils Tamil Federation of KwaZulu-Natal
Die res van die Suid-Afrikaanse Indiërbevolking is vrywillige entrepreneurs wat hoofsaaklik Moslems van die Indiese staat Gujarat (Memons en Surtis) was. Daar is ook minderhede van Moslem Oerdoe-sprekende entrepreneurs van Uttar Pradesh wat na Suid-Afrika geëmigreer het. Hulle, saam met die Kaapse Maleierbevolking, het 'n belangrike rol in die vestiging van die Islam in Suid-Afrika gespeel.
Diskriminasie
Die ou Suid-Afrika het in verskeie opsigte teen Indiërs gediskrimineer.
Volgens die Groepsgebiedewet, is Indiërs na spesiale Indiërtownships verskuif waar hulle beweging beperk is. Hulle is onder andere toegang tot die hele Oranje-Vrystaat verbied.
Tydens die P. W. Botha-administrasie het Indiërs parlementêre verteenwoordiging in die driekamerparlement verkry.
Huldige toestand Baie Indiërs het 'n belangrike rol in die stryd teen apartheid gespeel en beklee deesdae invloedryke poste in die regerende African National Congress-party. Amichand Rajbansi, die politikus wat die Indiërbevolking in die P. W. Botha-administrasie se driekamerparlement verteenwoordig het, het die Minority Front gestig. Maar na Rajbansi se afsterwe het sy party se ondersteuners vinnig gekwyn.
Alle Asiatiese Suid-Afrikaners kwalifiseer vir Swart Ekonomiese Bemagtiging, maar daar is nog steeds kommer dat hulle nie genoegsame voordeel daaruit trek nie.http://www.iol.co.za/mercury/sa-indians-need-not-apologise-1.1520135#.Vl27kPmSwbg
Verwysings
Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika