City of Los Angeles 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 23px Kalifornië County Los Angeles County Koördinate Gestig op 4 September 1781 Geïnkorporeer op 4 April 1850 Oppervlakte: - Totaal 1 301,970 vk km Hoogte bo seevlak 71 m Bevolking: - Totaal (City of LA 2015) 4 031 000 Persverslag van die Kaliforniese Departement van Finansies, uitgereik op 2 Mei 2016. Besoek op 7 Junie 2016 - Bevolkingsdigtheid 3 096/vk km - Metropolitaanse gebied 15 250 000 - Combined statistical area (CSA) 17 786 419 Tydsone PST (UTC -8) - Somertyd PDT (UTC -7) Klimaat - Tipe Subtropiese klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 16,5 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 12,5 / 20,3 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 379,2 mm Burgemeester Karen Bass (D) Amptelike webwerf lacity.org
Los Angeles (Engels: [lɒs ˈændʒələs], ; Spaans: [los ˈaŋxeles], letterlik: "die Engele" ) is 'n groot, uitgestrekte metropool aan die weskus van die Verenigde State en die administratiewe setel van die Los Angeles-distrik (Los Angeles County) in Suid-Kalifornië.
duimnael|links|Echo Park Lake op 'n helder Desemberoggend, met die silhoeët van Downtown Los Angeles teen die agtergrond duimnael|links|'n Nagtelike uitsig oor die middestad duimnael|links|Stad van kuns en kultuur: Getty Center in die Santa Monica-berge. Die Kaliforniese sonlig skitter tussen sonop en sononder in alle skakerings van wit op die fasades van Italiaanse travertyn duimnael|links|Millennium Biltmore Hotel, sedert 1923 'n gunsteling-verblyfplek vir staatshoofde en rolprentsterre duimnael|links|Walt Disney Concert Hall: ouditorium Die stad is in 1781 deur die Spaanse kaptein Rivera y Moncada onder die naam El Pueblo de Nuestra Señora Reina de los Ángeles de la Porciúncula ("Stad van Onse Dame, Koningin van die Engele van die Porciúncularivier" – die nedersetting se presiese naam kan deur geskiedkundiges tans nie bepaal word nie Bob Pool: City of Angels' First Name Still Bedevils Historians. In: Los Angeles Times, 26 Maart 2005. Aanlyn beskikbaar: articles.latimes.com. Alternatiewe name of spellings, wat deur historici voorgestel is, is El Pueblo de Nuestra Señora de los Angeles, El Pueblo de Nuestra Senñora la Reyna de los Angeles, El Pueblo de Nuestra Senñora de los Angeles de la Porciuncula, El Pueblo de Nuestra Senñora la Reyna de los Angeles del Rio Porciuncula, El Pueblo de la Reina de los Angeles Sobre el Rio de Porciuncula, Pueblo del Rio de Nuestra Senñora la Reyna de los Angeles de Porciuncula) met elf Spaanse gesinne (altesaam 44 siele) langs die Los Angeles-rivier gestig, maar dit is eers op 4 April 1850 – vyf maande voordat Kalifornië amptelik tot die Unie toegelaat is – as 'n munisipaliteit geïnkorporeer.
Los Angeles is by verre die grootste stedelike nedersetting in Kalifornië, en sedert 1990, toe dit die tradisionele Second City Chicago verbygesteek het, op een na die grootste metropool in die Verenigde State, met 'n inwonertal wat in 2015 vir die eerste keer in sy geskiedenis die viermiljoenkerf verbygesteek het. Die metropolitaanse gebied van Los Angeles (wat naas Los Angeles ook die distrikte San Bernardino, Riverside, Ventura en Orange County bevat) huisves 'n bevolking van meer as 17 miljoen met uiteenlopende etniese en ekonomiese agtergronde. Die stad is in die 20ste eeu as die prototipe van 'n toekomstige metropool beskou wat alle voor- en nadele van 'n uitgestrekte metropolitaanse gebied in hom verenig het.
Die stad, waarvan die naam dikwels afgekort word tot LA, is 'n wêreldsentrum vir sake en internasionale handel, vermaak, kultuur, media, mode, wetenskap, tegnologie en onderwys. Dit is die setel van bekende professionele liggame, kulturele organisasies en tersiêre onderwysinstellings soos die University of Southern California en die University of California en een van die kragtigste ekonomiese spilpunte in die VSA.
Los Angeles word gelys as die wêreld se derde welvarendste en vyfde magtigste en invloedrykste metropool wat in die VSA net deur New York oortref word. Die gekombineerde statistieke gebied (combined statistical area, CSA) van Los Angeles-Long Beach-Anaheim sal in 2020 na beraming 'n bruto metropolitaanse produk van $1207,3 miljard genereer wat van die stad die tweede grootste ekonomiese sentrum in die Verenigde State na die metropolitaanse gebied van New York maak. Statista.com: Forecasted Gross Metropolitan Product (GMP) of the United States in 2020, by metropolitan area
Met Hollywood het Los Angeles daarnaas tot die "Wêreldhoofstad van Vermaak" ontwikkel en speel steeds 'n leidende rol in die rolprent-, televisie-, videospeletjie- en musiekbedryf, al word die meeste belangrike ateljees tans in die stadsdeel Burbank aangetref. Die belangrikheid van die plaaslike vermaakbedryf maak van Los Angeles en sy voorstede gewilde woonplekke vir bekende vermaakpersoonlikhede.
Die betowering van die Amerikaanse Droomfabriek, Hollywood, Hollywood Boulevard met sy beroemde Walk of Fame, Sunset Strip, en Beverly Hills, asook die natuurskoon van sy strande het van Los Angeles die sinnebeeld van die Kaliforniese droom gemaak en tot sy vinnige groei bygedra. Dekades lank was Los Angeles se stadsgeskiedenis 'n verhaal van suksesvolle selfbemarking en grootskaalse binnemigrasie. Aanvanklik was die droom van vryheid en onafhanklikheid beperk tot 'n klein laag welvarendes.
Kort voor lank het die stad 'n trekpleister vir honderdduisende Amerikaners uit die Middelweste geword wat 'n voorstedelike lewe in die enkelgesinshuise van Southland, die sonnige suide van Kalifornië, kon bekostig, vry van die beperkings wat 'n lewe in die digbevolkte Amerikaanse metropole van die Ooskus hulle sou opgelê het. Uiteindelik het Los Angeles ook 'n toevlugsoord vir ontworteldes geword wat slagoffers van die Dust Bowl, een van die grootste natuurrampe in die geskiedenis van die VSA, geword het, en met niks meer as hul motors, vol gepak met hul besittings, hier aangekom het.
Die stadsgebied, wat deur 'n netwerk van oënskynlik eindelose snelweë deurkruis word, behels 'n groot verskeidenheid boustyle wat van die stadsentrum met sy wolkekrabbers tot luukse villas in die klowe van die omgewing strek. Sy bewoners, na wie in die Verenigde State as Angelenos verwys word, geniet 'n gematigde en sonnige klimaat, ook in die winter. Groen ruimtes en strande langs die Stille Oseaan-kuslyn soos Venice- en Huntington Beach is gewilde ontspanningsplekke. Disneyland is ook in die buurt van Los Angeles en was die eerste vermaaklikheidspark van sy soort. Los Angeles het as gasheerstad van die Olimpiese Somerspele van 1932 en 1984 opgetree en sal naas Londen en Parys in 2028 die derde stad wees wat vir 'n derde keer as gasheerstad vir die Olimpiese Somerspele optree. Los Angeles Times, 13 September 2017: L.A. Officially Awarded 2028 Games. Besoek op 14 September 2017
Etimologie duimnael|links|upright|Felipe de Neve, stigter van Los Angeles en vierde goewerneur van Kalifornië Op 4 September 1781 het 'n groep van 44 setlaars, bekend as die Los Pobladores ("die inwoners") die pueblo ("stad") gestig wat hulle El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles ("Die Dorp van Onse Liewe Vrou, die Koningin van die Engele") genoem het. Die oorspronklike naam van die nedersetting is onduidelik; die Guinness World Records gee dit weer as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles de Porciúncula ("Die Dorp van Onse Liewe Vrou, die Koningin van die Engele van Porciúncula"); ander bronne gee verkorte of alternatiewe weergawes van die langer naam.
Geografie Geografiese ligging duimnael|Nasa-Satellietbeeld van die Los Angeles-bekken duimnael|Die stadshorison van Los Angeles teen die agtergrond van die San Gabriel Mountains Die stadskern van Los Angeles en 'n vyftigtal voorstede NFT Not For Tourists Guide to Los Angeles. 13de uitgawe. New York, NY: Skyhorse Publishing 2014, bl. 316 – met 'n totale beboude gebied van meer as 6 000 km² – lê uitgestrek oor 'n wye woestynvlakte temidde van 'n heuwelagtige kusgebied met dig beboste uitlopers van bergreekse, teen 'n gemiddelde hoogte van 32 meter bo seevlak. Die stad grens in die weste en suide aan die Santa Monica-baai van die Stille Oseaan. Los Angeles word in die ooste en noorde deur bergreekse omring. Noord van Los Angeles lê ook die San Fernando-vallei, wat sowat een derde van die inwoners huisves. Die vallei word deur die Griffithpark en die Santa Monica-berge afgesny van Hollywood en die stadsentrum.
Die administratiewe stadsgebied van Los Angeles strek oor 1 290,6 vierkante kilometer (71 kilometer in noord-suidelike en 47 kilometer in oos-westelike rigting), en die stadswyke en voorstede word deur 'n moderne stelsel van snelpaaie met mekaar verbind. Los Angeles se bevolking is die mees gemotoriseerde ter wêreld, maar dit bring mee dat skadelike uitlaatgasse van motors en nywerhede lankal tot een van die kwellendste probleme van die stad ontwikkel het.
Soms word na Los Angeles as 'n "horisontale stad" verwys, aangesien daar min wolkekrabbers is en die stadsgebied oor 'n groot oppervlakte uitgebrei het. Grondpryse begin nou egter ook in die stadsentrum die hoogte inskiet en bevorder die oprigting van 'n groter aantal toringgeboue. Los Angeles is allesbehalwe 'n stad in die oorspronklike betekenis van die term, maar eerder 'n konglomeraat van kleiner en groter nedersettings wat almal hul spesifieke karakter ontwikkel het. Die stad deel 'n besondere aspek van sy groei met Londen en "Metroland", die Britse hoofstad se uitgestrekte voorstadsones wat eers deur die bou van 'n uitgebreide moltreinnetwerk vir pendelaars ontsluit is. Los Angeles se voorstede het hul ontstaan eweneens aan die bou van 'n gesofistikeede openbare vervoerstelsel en – later – aan die mobiliteit te danke wat motors en 'n uitgebreide padnetwerk aan inwoners verskaf het.
Die skertsende opmerking dat Los Angeles niks meer sou wees as "'n mengelmoes voorstede op soek na 'n middestad" nie mag bevraagteken word aangesien daar altyd 'n middestad was. Maar anders as Manhattan (geleë op 'n eiland) of Philadelphia (ingeperk tussen twee riviere) of Chicago (waar 'n meer uitbreiding beperk) kon eiendomsontwikkelaars in Los Angeles weswaarts uitbrei soos hulle dit goedgedunk het sonder om bestaande strukture te vernietig. Doug Gelbert: Look Up, Los Angeles! 5 Walking Tours in the City Of Angels (Look Up, America!). walkthetown.com. Kindle-e-boek-uitgawe, pos. 235
Daar is 173 onafhanklike stede in die metropolitaanse gebied van Los Angeles, wat die counties (distrikte) Los Angeles, San Bernardino, Riverside, Ventura en Orange bevat. Die gebied strek tot by die grens van die deelstaat Nevada en het 'n totale oppervlakte van 87 972 vierkante kilometer. Slegs 'n klein gedeelte hiervan is beboude gebiede. Die grootste deel van die oppervlakte word deur onbewoonde gedeeltes van die Mojave-woestyne en die Nasionale Joshua Treepark in die counties Riverside en San Bernardino beslaan.
Los Angeles is in topografiese opsig die enigste Amerikaanse metropool wat deur 'n bergreeks in twee helftes verdeel word. Mount Lukens in die noordoostelike uithoeke van die San Fernando-vallei, wat ook as Sister Elsie Peak bekend staan, is met 'n hoogte van 1 548 meter bo seevlak die hoogste bergpiek in die stadsgebied.
Geologie duimnael|links|Die ikoniese Raadsaal van Los Angeles is van 'n wit terracotta- en granietfasade voorsien. Die toring is ontwerp as 'n 20ste eeuse weergawe van die Mausoleum van Halikarnassos, een van die antieke Sewe wonders van die wêreld duimnael|220px|Die Capitol Records-gebou in Hollywood, ontwerp om soos 'n stapel plate te lyk, is een van talle strukture wat oor 'n aktiewe breuklyn opgerig is