Die Saale, soms Sächsische Saale ("Saksiese Saale"), vroeër ook Thüringische Saale ("Thüringiese Saale") www.retrobibliothk.de – trefwoord: Saale – Artikel in Meyers Konversationslexikon, aangehaal volgens retrobibliothek.de of Vogtländische Saale genoem,Quellen im Fichtelgebirge , Stadtverwaltung Weißenstadt am See is 'n rivier in die Duitse deelstate Beiere, Thüringen en Sakse-Anhalt.

Met 'n lengte van 413 km is dit die tweede langste takrivier van die Elbe ná die Moldau en met 'n gemiddelde afloop van 115 m³/s saam met die Havel ook sy waterrykste takrivier ná die Moldau. Die Saale dreineer tussen sy bron en sy monding 'n gebied met 'n oppervlakte van 24 100 km².

Sedert 3 Oktober 1990 vorm die rivier tussen km 0,0 en 124,2 'n federale waterweg wat deur die Wasser- und Schifffahrtsamt Magdeburg (Federale Water- en Skeepvaartsadministrasie in Maagdenburg) geadministreer word.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Duitsland