duimnael|links|280px|Die Gereformeerde kerk Edenvale.

duimnael|regs|170px|Ds. J.M. Opperman, van 1956 tot 1959 die eerste leraar.

duimnael|regs|170px|Ds. J.H. Coetzee, leraar van 1960 tot 1965, sy eerste gemeente. duimnael|regs|170px|Dr. Jansen van Vuuren du Plessis, leraar van 1965 tot 1970.

duimnael|regs|170px|Ds. A.S. van den Berg, die leraar van 1970 tot 1976, toe hy die bediening verlaat.

duimnael|regs|170px|Dr. Deon Lartz, die leraar sedert 2002.

Die Gereformeerde kerk Edenvale is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt in die voorstad Edenvale, Gauteng, hoewel dit ook gebiede soos Bedfordview, Dowerglen, Elandsfontein, Lyndhurst, Modderfontein en Sandringham insluit.

Edenvale is in Mei 1953 uit wyke van die moedergemeente Primrose (1946) afgestig as die twaalfde Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand. Dienste is reeds in 1949 in die omgewing gehou en twee eenderse sale is in sowel Edenvale as Primrose gebou. Albei sale is op 9 Augustus 1952 ingewy, nege maande voor die gemeente se stigting. Gou was dit te klein om al die kerkgangers soggens te huisves; daarom moes die kerk ’n skoolsaal gebruik vir die oggenderediens. Begin 1976 is ’n moderne kerkgebou in gebruik geneem. Dié gebou het geen vensters nie om die geraas van die nabygeleë snelweë uit te skakel. Lugreëling sorg vir vars lug in die gebou.

In die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk het Edenvale 165 belydende lidmate gehad en Primrose 518. Einde 2001 was dit onderskeidelik 197 en 210, maar einde 2014 het Edenvale teruggesak tot 161 belydende lidmate en Primrose tot net 59. Einde 2017 was dit onderskeidelik 154 en 38.

Predikante Opperman, Johannes Marthinus, 1956–1959 Coetzee, Johannes Hendrik, 1960–1965 Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1965–1970 Van den Berg, Adriaan Stephanus, 1970–1976 (verlaat die bediening) Kuperus, Willem Leendert, 1976–1997 (aanvaar sy emeritaat) Engelbrecht, Willem Gerhardus, 1997–1999 (verlaat die bediening; sy enigste gemeente) Pieterse, Wilhelmus Johannes, 1999–2002 Lartz, dr. Deon, 2002 – hede

Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Kategorie:Edenvale Edenvale