duimnael|links|260px|Vandat die gemeente sy kerkgebou verkoop het, hou hy dienste in die Evangelies-Lutherse kerk, die sg. Versöhnungskirche, oorkant die pad, waar in etlike ander gemeentes ook dienste hou.
links|160px|duimnael|Dr. Philippus Jacobus Stephanus de Klerk, leraar van 1924 tot 1927, sy eerste gemeente.
duimnael|regs|280px|Die gemeente se gebouekompleks in Piercylaan, Parkhill Gardens, Germiston, waarvan ds. F.J. van Deventer die hoeksteen op 19 November 1977 gelê het. Die saal is links en die kerkgebou regs.
duimnael|regs|220px|Die gemeente se tweede kerkgebou in Joubertstraat, ontwerp deur die argitek Pieter Dykstra, was in gebruik van 1933 tot 1977, toe die gemeente 'n nuwe kerkgebou betrek het nadat die staat die kerkperseel met die kerkgebou en -saal daarop onteien het om die Willem Cruywagen-hospitaal uit te brei.
duimnael|regs|160px|Ds. Jan Hendrik Boneschans, leraar van 1928 tot 1946.
duimnael|regs|270px|Die kerkgebou, gesien van die teenoorgestelde kant van die saal.
duimnael|regs|160px|Mev. ds. J.L. van der Merwe (gebore Christina Pretorius), predikantsvrou van 1947 tot 1958.
duimnael|regs|160px|Ds. Gideon du Plessis, leraar van 1966 tot 1973.
Die Gereformeerde kerk Germiston was die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika aan die Oos-Rand en die tweede oudste aan die Witwatersrand, naas Krugersdorp (1896). Johannesburg is ook in 1896 gestig, maar bestaan nie meer nie. Germiston het op 30 Junie 2019 ontbind.
Die Gereformeerde kerk Germiston is op 12 Mei 1905 gestig. Eers het lidmate byeengekom in ’n gebou met ’n sinkdak wat in 1909 in Middelstraat teen ’n koste van £400 opgerig is. Dié gebou is tot 1933 gebruik, maar het mettertyd te klein geword. Blykbaar het geen foto daarvan behoue gebly nie.
Tweede kerk Vroeg in die dertigerjare het die kerkraad drie standplase in Joubert- en Scottstraat met ’n woning daarop aangekoop. Dié huis is in ’n pastorie omskep. Intussen het bouwerk begin aan die kerk, wat in 1933 voltooi is. Die argitek was Pieter Dykstra, 'n lidmaat van die Gereformeerde Kerk wat vir talle Dopperkerke verantwoordelik was. In die 1950's het die kerkraad ’n saal langs die tweede kerk gebou en dit die Postma-saal genoem. In die sewentigerjare het die staat die gemeente in kennis gestel dat die grond waarop die kerkgebou en kerksaal gestaan het, benodig word vir uitbreiding aan die Willem Cruywagen-hospitaal. Die kerkperseel is onteien en ’n nuwe perseel in Piercelaan in die woonbuurt Parkhill Gardens aan die gemeente gegee.
Derde kerk ’n Moderne kerkkompleks van siersteen met ’n kerkgebou, saal en katkisasielokale is hier opgerig en in 1977 in gebruik geneem. Die argitek was Renier Roos. Die bouaannemer was Willem Joubert van Genrec en Pieter Visagie die projekbestuurder. Langs die preekstoel is ’n betonkruis gebou wat van die vloer tot aan die plafon strek en waarvan die dwarsbalk verleg is om die kerkgebou reg rondom te versterk. Die simboliek van dié kruis is dat die evangelie van die kruis die gemeente omarm.
Die gemeente se oorspronklike, Hollandse Kanselbybel word in ’n kas in die liturgiese ruimte bewaar. Dié Bybel is tussen die rommel van die Joubertstraat-kerk gekry. ’n Lidmaat, Willem Joubert, het dit gekoop om die gemeente se geldnood te help verlig. Hy het dit laat restoureer en in die glaskas voor in die nuwe kerk geplaas, maar dit behoort steeds aan die Joubert-familie.
Predikante Boneschans, Jan Hendrik, 1919–1923, 1928–1946 De Klerk, dr. Philippus Jacobus Stephanus, 1924–1927 Van der Merwe, Johannes Lodewikus, 1947–1958 Steenkamp, Willem Frederik, 1959–1966 Du Plessis, Gideon, 1966–1973 Van Deventer, Frederik Johannes, 1973–2001 (aanvaar sy emeritaat) Erasmus, dr. Jan Andries, 2003–2008 Du Preez, Jan Adriaan, 2009–2014 (aanvaar sy emeritaat ná net ses jaar in die bediening)
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Germiston
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Kategorie:Gauteng