Die Gereformeerde kerk Paulpietersburg was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op KwaZulu-Natalse dorp Paulpietersburg.
Geskiedenis Omdat die gemeente van sy stigting in 1899 tot sy ontbinding in 1951 altyd klein was, het hy ’n noue verbintenis met die Piet Retief gehad. So was Paulpietersburg van 1916 tot 1950 tydens die bediening van sewe agtereenvolgende leraars in kombinasie met Piet Retief. Daar was ’n eie kerkgeboutjie op die dorp, wat vandag (2017) nog staan. Omstreeks 1940 het die lidmate sowat 50 getel. Kerklik het die gemeente, soos Vryheid destyds, onder Transvaal geval omdat die dorp deel was van die Nieuwe Republiek.
Predikante Rumpff, Derk, 1910–1913 (in kombinasie met Standerton) Coetzee, Jan Viljoen, 1916–1918 (in kombinasie met Piet Retief) Van der Walt, Johannes Christiaan, 1919–1924 (in kombinasie met Piet Retief) Du Plessis, Jan Barend, 1931 – 25 Februarie 1934 (in kombinasie met Piet Retief; oorlede in die amp; sy enigste gemeente) Vorster, Johannes Lodewikus, 1935–1938 (in kombinasie met Piet Retief) Van der Walt, Dirk Jacobus, 1939–1942 (in kombinasie met Piet Retief) Venter, Tjaart Nicolaas, 1945–1947 (in kombinasie met Piet Retief) Boshoff, Hendrik Jan, 1949-1950 (in kombinasie met Piet Retief)
Predikantegalery
Bronne Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Aministratiewe Buro. Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Sien ook NG gemeente Paulpietersburg
Kategorie:Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika