Wilma van der Bijl, 'n apteker van beroep, het die Mejuffrou Suid-Afrika-kompetisie in 1987 gewen. Sy is 'n perfeksionis en het 'n hoë standaard gedurende haar jaar as Mej. SA gehandhaaf.Mej. SA het 'n 'goeie maat', Die Burger, 30 Mei 1988 Daarna het sy vir twee jaar in Duitsland gewoon, waar sy as internasionale model gewerk het. Sy het na Suid-Afrika terugkeer om haar aptekersinternskap te voltooi, en het daarna die Wilma van der Bijl-afrondingskool op die been gebring.Nou doen Wilma dit met 'n draffie, Beeld, 23 Julie 1990
Borskanker is later by haar gediagnoseer, maar sy het dit met chemoterapie oorwin.Chemoterapie soos modelwerk Pruike is uitgeruil om style te vergelyk, Beeld, 11 Junie 2008 Sy is die beskermvrou van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.
Wilma is getroud met 'n Griekse sakeman, Ari Tapanlis. Haar twee kinders se name is Alexia en Nikolaos. Deesdae is sy 'n besigheidsvrou en bedryf 'n vulstasie met 'n restaurant, asook ander familiebesighede in Kaapstad.
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse entrepreneurs Kategorie:Suid-Afrikaanse modelle Kategorie:Mejuffroue Suid-Afrika Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in die 20ste eeu Kategorie:Lewende mense