duimnael|300px|Pirosmani, Donkey Bridge
'n Eselsbrug, eselsbruggie, geheuebrug, of pons asinorum is 'n hulpmiddel wat (gewoonlik deur middel van kunsmatige assosiasies) gebruik word om 'n probleem op te los of om iets mee te onthou. Volgens die Woordeboek van die Afrikaanse Taal was die eselsbrug oorspronklik benoem deur Jean Buridan (±1300 tot 1358), "omdat by die oorgang oor die "brug" die skerpsinniges onderskei word van die traes van gees". Die "brug van die esels" is egter die vyfde stelling van die eerste boek van Euklides (die basishoeke van 'n gelykbenige driehoek is altyd gelyk aan mekaar), met dié afleiding: die brug van esels is enigiets wat beginners moeilik vind en "bewaar die beginner wat sonder die nodige begrip kortpad probeer kies!"
Fiksie word dikwels beskou as ’n pons asinorum om komplekse verskynsels verstaanbaar te maak. In die alledaagse taalgebruik sê ons dat die son opkom en ondergaan, terwyl die aarde in die werklikheid om die son wentel en om sy eie as draai.Du Plessis, L. 1999. Koers 64 (2 & 3) 1999:223-258 Tyd kan egter makliker so oorgedra word aan die toehoorder waar geen horlosies beskikbaar is nie: "voor die son sak" of "voor die son opkom". Daarop volg ook relatiewe omskrywings soos "maande" / "mane" (verwysing na die siklus van die volmaan), seisoene en getye om tyd vas te pen, wat op sigself uiters vloeibaar is.
In Die Afrikaanse Volksgeloof (1938) skryf Abel J. Coetzee die volgende:Coetzee, A.J. 1938. Die Afrikaanse Volksgeloof. Amsterdam: N.V. Swets & Zeitlinger, p. 146
Voorbeelde
Vakgebied Tema Feite Eselsbrug Wiskunde Volgorde van bewerkings (rekenreël) Hakies; van; deling; vermenigvuldiging; optel; aftrek Hakies van der VOA Wiskunde Volgorde van bewerkings (rekenreël) Hakies; Eksponent; Maal/deel; Plus/minus HEMP Fisika Volgorde van die reënboogkleure Rooi; Oranje, Geel, Groen, Blou, Indigo, Violet ROGGBIV Fisika Volgorde van die reënboogkleure Rooi; Oranje, Geel, Groen, Blou, Diepblou, Pers Ralie Of Gert Grobler Byt Die Perske Afrikaans Volgorde van die sinsbou Subject, verb1, Time, Object, Manner, Place, verb2, Infinitive. STOMPI Afrikaans Spelling Interessant (oorgeneem uit Nederlands/Frans intéressant) 'n Vrou dra een rok met 2 skoene. Afrikaans Spelling Aggressief (uit Latyn aggressio; wat afwyk van die Nederlands agressief, uit die Frans agressif) Baie kwaad = baie letters Afrikaans Die onderskeid tussen "kritiek" en "krities" Die watervlak is kritiek laag / het kritieke vlak bereik; ons moet 'n kritiese ingesteldheid kry / krities wees. Die -s van krities hoort by die -k van die s.nw. kritiek, maar die -k van die b.nw. kritiek hoort by die -s van krisis.Die Taalkommissie Aardrykskunde Volgorde van gelyste kaartkoördinate Van Noord na Suid (ºN/S), van Wes na Oos (ºW/O) 'n Man kyk 'n vrou van bo na onder, van links na regs.
Verwysings
Kategorie:Onderwys Kategorie:Opvoedkunde