Die 1968 Formule Een Suid-Afrikaanse Grand Prix het op 1 Januarie 1968 op die Kyalami Grand Prix-renbaan naby Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind. Die ren was amptelik die Tweede AA Suid-Afrikaanse Grand Prix genoem. Dit was die eerste wedren van die 1968-Wêreldkampioenskapseisoen vir bestuurders en die Internasionale Beker vir Formule Een-vervaardigers in 1968.
Die wedren van 80 rondtes is deur die tweemalige wêreldkampioen vir jaers en die 1965 Indianapolis 500-wenner, Jim Clark, met 'n Lotus-Ford gewen, nadat hy in die voorste plek weggespring het. Die ren was nie net die laaste Formule Een-ren wat Clark gewen het nie, maar ook die laaste waarin hy ooit deelgeneem het, weens sy noodlottige ongeluk op die Hockenheimring in Duitsland drie maande later.
Tydens hierdie wedren het Team Gunston die eerste Formule Een-span geword om hul motors in hul borg se kleure te verf, toe hulle vir John Love 'n privaat Brabham en 'n LDS vir Sam Tingle ingeskryf het.
Renuitslag Pos No Bestuurder Span Rondtes Tyd Rooster Punte 1 4 Jim Clark Lotus-Ford 80 1:53:56.6 1 9 2 5 Graham Hill Lotus-Ford 80 + 25.3 2 6 3 3 Jochen Rindt Brabham-Repco 80 + 30.4 4 4 4 8 Chris Amon Ferrari 78 + 2 rondes 8 3 5 1 Denny Hulme McLaren-BRM 78 + 2 rondes 9 2 6 21 Jean-Pierre Beltoise Matra-Ford 77 + 3 rondes 18 1 7 19 Jo Siffert Cooper-Maserati 77 + 3 rondes 16 8 7 John Surtees Honda 75 + 5 rondes 6 9 17 John Love Brabham-Repco 75 + 5 rondes 17 NC 23 Jackie Pretorius Brabham-Climax 71 Nie geklassifiseer 23 NF 6 Dan Gurney Eagle-Weslake 58 Olielek 12 NF 9 Jacky Ickx Ferrari 51 Olielek 11 NF 20 Jo Bonnier Cooper-Maserati 46 Oorverhitting 19 NF 16 Jackie Stewart Matra-Ford 43 Enjin 3 NF 18 Sam Tingle LDS-Repco 35 Oorverhitting 22 NF 25 Basil van Rooyen Cooper-Climax 22 Enjin 20 NF 11 Pedro Rodriguez BRM 20 Brandstofstelsel 10 NF 2 Jack Brabham Brabham-Repco 16 Enjin 5 NF 10 Andrea de Adamich Ferrari 13 Ongeluk 7 NF 12 Mike Spence BRM 7 Brandstofstelsel 13 NF 14 Brian Redman Cooper-Maserati 4 Olielek 21 NF 22 Dave Charlton Brabham-Repco 3 Ewenaar 14 NF 15 Ludovico Scarfiotti Cooper-BRM 2 Waterpyp 15
Verwysings
Kategorie:Sport in Johannesburg Kategorie:Suid-Afrikaanse Grand Prix Suid-Afrika