Kevin Magnussen (* Roskilde, 5 Oktober 1992) is 'n Deense beroepsrenjaer. Magnussen was (saam met Nyck de Vries en Stoffel Vandoorne) 'n lid van McLaren se Young Driver Programme. Hy is die seun van die voormalige Formule Een-renjaer, Jan Magnussen. In 2022 het Magnussen weer by Haas aangesluit op 'n multijaarkontrak.
Formule Een-loopbaan In November 2012 het Magnussen sy eerste ervaring in 'n Formule 1-motor gehad, toe hy vir McLaren aan toetse deelgeneem het het tydens die "Young Driver"-toets in Aboe Dhabi by die Yas Marina-baan. Hy het die vinnigste tyd tydens die driedaagse sessie opgestel. Hy het genoeg kilometers afgelê om vir ’n FIA-superlisensie te kwalifiseer. 'n Jaar later is hy toegelaat om die "Young Driver"-toets af te lê, maar toe in Silverstone saam met Gary Paffett en Oliver Turvey.
Nadat die gereelde McLaren-jaer Sergio Pérez sy vertrek uit die span op 13 November 2013 aangekondig het, het McLaren 'n dag later aangekondig dat Magnussen sy plaasvervanger in 2014 sou wees. McLaren bevestig Magnussen in 2014 Hy het Jenson Button se spanmaat geword.
In sy eerste wedren op die Albert Parkstraatbaan het Magnussen reeds in die derde plek geëindig. Nadat Daniel Ricciardo ná die wedren gediskwalifiseer is, skuif Magnussen op na die tweede plek, wat ooreenstem met Jacques Villeneuve se prestasie in die 1996 Australiese Grand Prix. Hy het 'n gemiddelde debuutseisoen gehad en in die elfde plek in die kampioenskap geëindig. Dit was egter nie genoeg vir hom om ook in 2015 vir McLaren te ry nie. Op 11 Desember 2014 is aangekondig dat Fernando Alonso sy plek ingeneem het en Magnussen 'n toets- en reserwejaer vir die span geword het. Officieel: Alonso en Button racen in 2015 voor McLaren Alonso het voor die seisoen tydens 'n toetssessie by die Circuit de Barcelona-Catalunya gebots en is op doktersadvies nie toegelaat om in die eerste wedren in Australië te jaag nie, en Magnussen het hom vervang. Alonso niet aan de start in Australië, Magnussen valt in
Magnussen het sy terugkeer na Formule 1 in 2016 gemaak toe hy Pastor Maldonado by die Renault F1-span vervang het, waar hy saam met Jolyon Palmer meegeding het. Renault presenteert Magnussen als opvolger Maldonado
In 2017 is Magnussen by Renault deur Nico Hülkenberg vervang. Hy het toe na die Haas-span verskuif om Esteban Gutiérrez te vervangen. Haas bevestigt line-up voor 2017: Grosjean en Magnussen
Aan die einde van die 2020-seisoen het Magnussen die Haas F1-span verlaat. Van ’n finale afskeid sou daar egter nie sprake wees nie. Magnussen is deur Haas teruggebring vir die 2022-seisoen om die plek van die Rus Nikita Mazepin in te neem. Sensationele Formule 1-comeback voor Kevin Magnussen
Formule Een-uitslae
JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte2014McLaren MercedesMcLaren MP4-29Mercedes PU106A 1.6 V6 tAUSMALBHRCHNSPAMONKANOOSGBRDUIHONBELITASINJPNRUSVSABRAABU11552016Renault Sport F1Renault R.S.16Renault R.E.16 1.6 V6 tAUSBHRCHNRUSSPAMONKANEUROOSGBRHONDUIBELITASINMALJPNVSAMEXBRAABU1672017HaasHaas VF-17Ferrari 062 1.6 V6 tAUSCHNBHRRUSSPAMONKANAZEOOSGBRHONBELITASINMALJPNVSAMEXBRAABU14192018HaasHaas VF-18Ferrari 062 EVO 1.6 V6 t AUS BHR CHN AZE SPA MON KAN FRA OOS GBR DUI HON BEL ITA SIN RUS JPN VSA MEX BRA ABU9562019HaasHaas VF-19Ferrari 064 1.6 V6 t AUS BHR CHN AZE SPA MON KAN FRA OOS GBR DUI HON BEL ITA SIN RUS JPN MEX VSA BRA ABU 16 202020HaasHaas VF-20Ferrari 065/6 1.6 V6 t OOSDNF STI12 HON10 GBRDNF 70JDNF SPA15 BEL17 ITADNF TOSDNF RUS12 EIFDNF POR13 EMIDNF TUR17 BAH17 SAK15 ABU18 20 12022HaasHaas VF-22Ferrari 066/7 1.6 V6 t BHR5 SAU9 AUS14 EMI8 9 MIA16† SPA17 MONDNF AZEDNF KAN17 GBR10 OOS7 8 FRADNF HON16 BEL16 NED15 ITA 16 SIN12 JPN14 VSA8 MXS17 SAPDNF ABU17 13 252023HaasHaas VF-23Ferrari 066/10 1.6 V6 t BHR 13 SAU 10 AUS 17† AZE 13 MIA 10 MON 19† SPA 18 KAN17 OOS 18 GBRDNF HON17 BEL15 NED16 ITA 18 SIN10 JPN15 KAT14 VSA14 MXSDNF SAPDNF LSV13 ABU20193 2024HaasHaas VF-24Ferrari 066/10 1.6 V6 t BHR12 SAU12 AUS10 JPN13 CHN16 MIA19 EMI12 MONDNF KAN12 SPA17 OOS8 GBR12 HON15 BEL14 NED18 ITA10 AZE SIN19† VSA711 MXS7 SAPWD LSV12 KAT9 ABU1615de16JaarInskrywerOnderstelEnjin123456789101112131415161718192021222324PlekPunte † Kon nie die ren voltooi nie, maar is geklassifiseer omrede hy meer as 90% van die wedrenafstand afgelê het. * Seisoen nog aan die gang.
Galery
Verwysings
Kategorie:Deense renjaers Kategorie:Formule Een-renjaers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense