Die kasterolieboom (Ricinus communis) is 'n indringerplant wat as 'n struik of klein boompie in Suid-Afrika voorkom. Die boom is inheems aan Ekwatoriaal-Afrika. Dit groei aan rivieroewers, vlei-oewers en langs paaie. Dit staan ook bekend as die bloubottelboom of bosluisboom.
Voorkoms Die plant het 'n kenmerkende loof en helder sap (kasterolie) in die lote en blare. Die takke is glad met 'n liggrys, poeieragtige glans. Die blare is groot, enkelvoudig en stervormig. Hulle is donkergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die blommetjies is rooierig en verskyn in eindstandige are. Die vrug is 'n drielobbige kapsule wat met sagte stekels bedek is.
duimnael|links|'n Kasterolieboom duimnael|links|Sade
Bronne Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart. Struik Nature. 2012.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Eksterne skakels http://www.invasives.org.za/invasive-species/item/326-castor-oil-plant-ricinus-communis.html
Kategorie:Indringerplante