Francois van Heyningen (1935–2015) was 'n Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper. Van Heyningen is bekend vir rolprente soos Die Banneling (1971), Sien jou môre (1970) en Z.E.B.R.A. (1971). Hy was ook die stem van Francois Fonselet in die oorgeklankte TV-drama, Die Meisie van Avignon. Hy was as omroeper by die Afrikaanse Radiodiens, Springbokradio en later by Radio Pretoria betrokke, en het op 'n tyd Springbokradio se dramadepartement bestuur. Hy het meer as 12 radioverhale met meer as 1800 episodes geskryf, waaronder Agent Nul-dubbel-nul-ag, Huis Vergeet-my-nie en Kringloop van die lewe. 'n Geestelike boek, genaamd Hoe om suksesvol te lewe, het uit sy pen verskyn en is deur Lux Verbi uitgegee.Huldeblyk deur Marelize Maré wat op 15 Oktober 2015 op Pretoria FM uitgesaai isFrancois van Heyningen-huldeblyk, Maroela Media, besoek op 15 Oktober 2015

Beknopte biografie Francois van Heyningen is op 23 Mei 1935 op Theunissen gebore en het op 'n plaas in die distrik Bultfontein grootgeword. Heyningen het later by die SAUK in Bloemfontein begin werk. Hy was 'n gegradueerde met hoofvakke wat onder meer geskiedenis, musiekgeskiedenis, kerkgeskiedenis en kommunikasiekunde ingesluit het.

Van Heyningen was eers met Amora Vermaak getroud en vier kinders is uit dié huwelik gebore. Hy is later met die sopraan Lucille Ackerman (oorlede op 17 November 2024) getroud, uit welke huwelik een kind gebore is. Ten tyde van sy dood was daar 11 kleinkinders.

Hy is op 14 Oktober 2015 in die ouderdom van 80 aan longontsteking oorlede, nadat hy geval en 'n ribbebeen en rugwerwel gebreek het.

Werke Filmografie Die Banneling, 1971 as dr. Ben Gericke Z.E.B.R.A., 1971 as kolonel van die veiligheidspolisie Sien jou môre, 1970 as advokaat Dreyer Dr Kalie, 1968 as Hannes Muller Hoor My Lied, 1967 as man in restaurant (nie geakkrediteer nie)

Diskografie Die Banneling, LP, COLUMBIA, 1971 Luistergenot met Francois, LP, COLUMBIA/EMI Sing... Sag Ruis Die Windjie, LP, COLUMBIA/EMI Die Lewenslied Van Francois & Lucille, 2007, Gallo

Bibliografie Hoe Om Suksesvol Te Lewe, 96 bladsye, Lux Verbi,

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Sterftes in 2015