duimnael|links|Die skool se hoofgebou.
Die Hoër Meisieskool Rustenburg is ’n Engelsmedium-staatshoërskool vir meisies in die Kaapse voorstad Rondebosch. In 2016 het die skool 825 leerders van gr. 6 tot 12 gehad.
Stigting duimnael|links|270px|’n Skets van Rustenburg House, deur Montrose Cloete. Die Hoër Meisieskool Rustenburg is onder meer in dié gebou gehuisves tot sy verskuiwing in 1932 na die Erinville-landgoed. Die laerskool gebruik steeds Rustenburg House in Hoofweg, Rondebosch. duimnael|180px|Ds. B.P.J. Marchand, van 1891 tot 1906 die eerste leraar van die NG gemeente Rondebosch, toe nog ’n Engelstalige gemeente, onder wie se leiding die Hoër Meisieskool Rustenburg in 1894 gestig is. duimnael|170px|Mabel Malherbe, ’n oudleerling wat later bekend geword het as kampvegter vir vrouestemreg en veral opheffingswerk onder Afrikanervroue gedoen het, hoewel sy Engelssprekend was.
In 1893 het ’n groep mense onder leiding van ds. B.P.J. Marchand van die NG gemeente Rondebosch bymekaargekom en besluit daar was ’n dringende behoefte aan ’n meisieskool in Rondebosch. Hulle het ’n gedeelte van die landgoed Rustenburg bekom en op 19 Januarie 1894 het die eerste klasse begin aan wat toe bekendgestaan het as die Hoër Meisieskool Rondebosch, Rustenburg. Aanvanklik was daar 76 leerlinge, onder wie sewe koshuisbewoners en 11 seuns. Ondanks die staat se pogings om seuns almal aan die Hoërskool Seunskool Rondebosch te laat inskryf, het kindertuinklasse nog tot in die 1940’s seuns bevat, net soos meisies ook die seunskool se kindertuin bygewoon het.
Verhuising Namate die skool gegroei het, is ’n nuwe perseel aangeskaf en het ’n beweging begin om die skool in ’n junior en senior afdeling te verdeel, hoewel albei dele nog onder die toesig van die eerste hoof, mej. Bleby, gestaan het. ’n Perseel aan Campgroundweg is gekoop en geboue opgerig, maar toe die skool in 1906 open, het die Camp Ground-skool ’n afsonderlike instelling geword wat later as Oakhurst bekendgestaan het en steeds as sodanig bestaan.
Van 1921 af was daar weer druk op die perseel van Rustenburg in Hoofweg, Rondebosch, en in 1929 het die skoolraad die landgoed Erinville aangekoop asook die aangrensende eiendom Charlie’s Hop. ’n Aantreklike nuwe gebou is opgerig en in 1932 het 311 leerlinge van st. 7 tot 10 daarheen verhuis en 400 leerling agtergelaat in wat toe die Laer Meisieskool Rustenburg geword het.
Die skool se vooraansig het met die jare sy klassieke karakter behou, maar mettertyd is nuwe klaskamers aangebou, ’n musiekblok asook ’n skoolsaal in 1971.
Skoolhoofde Alicia Bleby, 1894–1911 Jean Donaldson-Wright, 1912–1916 Caroline Kemp, 1916–1936 Gwen Hazell, 1937–1951 Margaret Thomson, 1952–1979 Josephine McIntyre, 1980–1991 Mary van Blerk, 1991–1999 Dr. Elizabeth Fullard, 1999–2006 Laura Bekker, 2007–2015 Susan Schnetler (waarnemend), 2016 Michael Gates, 2017–hede
Oudleerders Leila Reitz, die eerste vroulike Volksraadslid van Suid-Afrika Mabel Malherbe, die tweede vroulike Volksraadslid van Suid-Afrika Désirée Talbot, operasangeres Nicky Greenwall, TV-verslaggewer Debora Patta, TV-verslaggewer
Bronne Die skool se webtuiste . URL besoek op 15 Oktober 2015.
Kategorie:Skole in die Wes-Kaap