duimnael|'n Uitsig oor Pretoria, Suid-Afrika se uitvoerende hoofstad duimnael|Bloemfontein, geregtelike hoofstad van Suid-Afrika duimnael|Kaapstad is Suid-Afrika se wetgewende hoofstad

'n Hoofstad is 'n belangrike stad in 'n gebied (soos 'n land of 'n provinsie) wat sentraal staan in 'n sekere sin (gewoonlik 'n politieke sin). Die hoofstad van 'n land verwys gewoonlik na die setel van die regering van die land.

Daar kan ook verwys word na 'n stad as die ekonomiese of kulturele hoofstad van 'n gebied. Dit kan daarop dui dat die stad die meeste ekonomiese of kulturele aktiwiteit beleef of as sodanige middelpunt gesien word deur meeste mense.

In party gevalle het lande meer as een hoofstad, of die setel is in 'n ander stad as die hoofstad: In Suid-Afrika is Pretoria die uitvoerende hoofstad met die regeringskantore by die Uniegebou. Kaapstad is die wetgewende hoofstad met die parlement van Suid-Afrika wat daar vergader en Bloemfontein is die geregtelike hoofstad met die Appèlhof van Suid-Afrika. Yamoussoukro is in 1983 as die hoofstad van die Ivoorkus verkies, maar baie van die staatskantore en ambassades is steeds in Abidjan. Sucre is steeds die grondwetlike hoofstad van Bolivië, maar meeste van die nasionale regering het reeds verhuis na La Paz. Amsterdam, die hoofstad van Nederland, is nie die setel van die regering nie. Dié is in Den Haag.

Terminologie Die term "hoofstad" is afgelei van die Latynse caput (genitief capitis), wat "kop" beteken.

Lande met meer as een hoofstad Lande wat tans meer as een hoofstad het duimnael|400px|Lande waar die hoofstad nie die grootste stad is nie duimnael|400px| duimnael|400px| Land Hoofstede Notas Porto-Novo Amptelike hoofstad Cotonou De facto regeringsetel Sucre Grondwetlike hoofstad en setel van die opperste hof La Paz Regeringsetel en parlementsetel van die parlement Gitega Amptelike (grondwetlike) hoofstad Bujumbura Setel van die nasionale uitvoerende hoof Santiago Amptelike hoofstad; regeringsetel Valparaíso Setel van die kongres Mbabane Hoofstad Lobamba Tradisionele hoofstad, regeringsetel en parlementsetel Yamoussoukro Amptelike hoofstad Abidjan De facto regeringsetel Sanaa Grondwetlike hoofstad Aden Voorlopige hoofstad Kuala Lumpur Amptelike hoofstad; parlementsetel Putrajaya Regeringsetel Naypyidaw Amptelike hoofstad; regeringsetel Yangon Ekonomiese hoofstad Podgorica Amptelike hoofstad; regeringsetel Cetinje Setel van die president Amsterdam Grondwetlike hoofstad Den Haag Regeringsetel Sri Jayawardenepura Regerings- en parlementsetel Colombo Hoofstad (Oos-)Jerusalem Geproklameerde hoofstad Ramallah Uitvoerende hoofstad Pretoria Administratiewe hoofstad (Regeringsetel) Kaapstad Wetgewende hoofstad (Parlementsetel) Bloemfontein Geregtelike hoofstad (Setel van die opperste Appèlhof) Dodoma Amptelike hoofstad Dar-es-Salaam De facto Regeringsetel Laâyoune Geproklameerde hoofstad Tifariti Uitvoerende hoofstad

Lande wat in die verlede verskeie hoofstede gehad het Land Tydperk Hoofstede Notas 23px Afghanistan 1776–1818 Kaboel Somerhoofstad Pesjawar Herfshoofstad 1858–1947 Kolkata (1858–1911) Winterhoofstad Delhi (1911–1947) Shimla Somerhoofstad 1990–1999 Berlyn Amptelike hoofstad Bonn Regeringsetel 1948–1976 Quezon Stad Amptelike hoofstad Manila De facto regeringsetel 1901–1976 Baguio Somerhoofstad (nog steeds bekend as somerhoofstad, buite politieke gebruik) 1940–1944 Parys Besete gebied van Frankryk Vichy Vichy-Regime 2012–2018 Tbilisi Amptelike hoofstad Koetaisi Parlementsetel 1947–1975 Vientiane Administratiewe hoofstad Luang Prabang Koninklike hoofstad 1951–1969 Tripoli Een van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië Benghazi Een van die twee amptelike hoofstede van die Verenigde Koninkryk Libië 1974–1994 Lilongwe Administratiewe en regterlike hoofstad Zomba Wetgewende hoofstad 1937–1945 Nanjing Hoofstad van marionetstaat Chongqing Voorlopige hoofstad van die Kuomintang 1945–1991 Nanjing Administratiewe, wetgewende en geregtelike hoofstad (opgeëis na 1949) Taipei Voorlopige hoofstad van die Kuomintang-regeerde Republiek China op Taiwan 2003–2006 Belgrado Regeringsetel en parlementsetel Podgorica Setel van die grondwetlike hof

Sien ook Lys van hoofstede

Verwysings

Eksterne skakels