duimnael|links|80px|Die euro se valutateken

Die euro (Cyrilliese skrif: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd. mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency

duimnael|links|Euromunte en -banknote Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 21 van die 27 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosovo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer. 'n Verdere vier lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is. Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang, ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007) op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008) en Siprus, ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008) op 1 Januarie 2009 in Slowakye, ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009) op 1 Januarie 2011 in Estland, ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011) op 1 Januarie 2014 in Letland, ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014) op 1 Januarie 2015 in Litaue, ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015) op 1 Januarie 2023 in Kroasië ecb.int: Kroatien (seit 1. Januar 2023) en op 1 Januarie 2026 in Bulgarye. ecb.int: Bulgarien (seit 1. Januar 2026)

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het. ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002) Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.

Politieke oorwegings Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998, Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000, en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002. Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).

Wisselkoerse duimnael|Die Eurosone: duimnael|Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland duimnael|Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie: duimnael|Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd: duimnael|Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999 duimnael|Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999 duimnael|Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999 duimnael|Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999 duimnael|Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999 Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel: + Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone Geldeenheid Kode(ISO 4217) Wisselkoers Gevestig op Opgelewer Belgiese frank BEF 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Bulgaarse lef BGN 10 Julie 2020 1 Januarie 2026 Duitse mark DEM 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Estniese kroon EEK 13 Julie 2010 1 Januarie 2011 Finse markka FIM 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Franse frank FRF 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Griekse dragme GRD 19 Junie 2000 1 Januarie 2001 Ierse pond IEP 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Italiaanse lira ITL 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Kroatiese kuna HRK 10 Julie 2010 1 Januarie 2023 Letse lats LVL 9 Julie 2013 1 Januarie 2014 Litause litas LTL 23 Julie 2014 1 Januarie 2015 Luxemburgse frank LUF 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Maltese lira MTL 10 Julie 2007 1 Januarie 2008 Monegaskiese frank MCF 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Nederlandse gulden NLG 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Oostenrykse schilling ATS 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Portugese escudo PTE 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 San Marinese lira SML 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Sipriese pond CYP 10 Julie 2007 1 Januarie 2008 Slowaakse koruna SKK 8 Julie 2008 1 Januarie 2009 Sloweense tolar SIT 11 Julie 2006 1 Januarie 2007 Spaanse peseta ESP 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Vatikaanse lira VAL 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote + 2002-reeks Beeld Waarde Afmetings(millimeter) Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu raam|120px raam|120px €5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand raam|127px raam|127px €10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster raam|133px raam|133px €20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster raam|140px raam|140px €50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand raam|147px raam|147px €100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster raam|153px raam|153px €200 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster raam|160px raam|160px €500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

+ Europa-reeks Beeld Waarde Jaar Afmetings(millimeter) Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu raam|120px raam|120px €5 2013 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Regs bo raam|127px raam|127px €10 2014 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de Regs bo raam|133px raam|133px €20 2015 133 × 72 Blou Goties 12–14de Regs bo raam|140px raam|140px €50 2017 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regs bo raam|147px raam|147px €100 2019 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs bo raam|153px raam|153px €200 2019 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Regs boHierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Geskiedenis Aanvanklike suksesse Die invoering van die euro in 1999 het sonder probleme verloop en Griekeland (2000), Slowenië (2006), Malta (2007) Siprus (2007), en Slowakye (2008) het tot die eurosone toegetree. Sommige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate. Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018 Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Ander lande soos die Baltiese State het hulle munt aan die euro gekoppel en baie ekonomiese groei ervaar.

Die eurokrisis Eers later, ná die Beursineenstorting van 2008 het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie. Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings. Die ander land van die sgn. PIIGS Portugal, Ierland, Italië, Griekeland en Spanje wat ook groot staatskulde gehad het het ook probleme gekry. Spekulasie teen hulle obligasies het hulle rentes doen styg, maar in 2012 het Mario Draghi die Europese Sentrale Bank tot lender of last resort verklaar. Hij begin om meer euros te druk en daarmee die obligasies op te koop. Dit het die krisis besweer. In Griekeland wat nooit die euro losgelaat het nie, het dit langer geduur en die IMF het lenings moet verstrek. Die besuinigings het die land in 'n diep krisis gestort maar die land is in 2023 terug op sy bene.

Die eurokrisis het die euro se geloofwaardigheid baie geskaad. Lande soos Tsjechië het van hulle planne om tot die eurosone toe te tree afgesien, maar nie die drie Baltiese state nie wat teenstelling tot die PIIGS kleine staatskulde het. Estland tree toe tot die eurosone in 2011 wanneer die kritiek op die euro die luidste is en Letland en Litoue volg later (in 2014 en 2015). Hulle het hoegenaamd geen probleme nie en gee minder geld uit om hulle rentes op die staatskuld te betaal.

Ná die krisis In die jare ná die krisis het die ECB 'n baie belangriker rol gespeel in die ekonomie van Europa en die wêreld. In 2023 is 50% van die invoer en uitvoer in die wêreld in Amerikaanse dollar betaal, met die Euro in die tweede plek met 42%. Om die ekonomiese probleme ingevolge die coronavirus te help oplos het die EU besluit om self skuld te maak. Hulle het besluit om 'n herstel- en stimuleerfonds van €2 264,3 miljard te skep om die ekonomieë weer op koers te sit. Dit sou sonder die euro se herstelde geloofwaardigheid nie moontlik gewees het nie. Op 1 Januarie 2023 het Kroasië die eurosone toegetree en op 1 Januarie 2026 het Bulgarye gevolg.

Sien ook Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

Amptelike webwerf van die Eurosone Europese Sentrale Bank Die euro – Europa Europese Sentrale Bank – eurowisselkoerse

Kategorie:Geldeenhede Kategorie:Europese Unie Kategorie:Ekonomie van België Kategorie:Ekonomie van Duitsland Kategorie:Ekonomie van Estland Kategorie:Ekonomie van Finland Kategorie:Ekonomie van Frankryk Kategorie:Ekonomie van Italië Kategorie:Ekonomie van Letland Kategorie:Ekonomie van Litaue Kategorie:Ekonomie van Luxemburg (land) Kategorie:Ekonomie van Nederland Kategorie:Ekonomie van Oostenryk Kategorie:Ekonomie van Spanje Kategorie:Andorra Kategorie:Bulgarye Kategorie:Griekeland Kategorie:Ierse Republiek Kategorie:Kroasië Kategorie:Malta Kategorie:Monaco Kategorie:Portugal